Break Away

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Break Away bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n pragtige vierslaapkamerhuis op die rotse in die Castle Rock Mariene Reservaat. Dié huis bied direkte toegang tot die strand, en spog met pragtige uitsigte oor Valsbaai en op die berg.

Dié Cape-Cod-huis beslaan 2 verdiepings en beskik oor moderne, oopplan-leefareas met asemrowende uitsigte vanuit elke vertrek. Gaste sal ook die see regdeur die huis kan hoor. Daar is 'n lieflike dek, draagbare braaigeriewe en 'n swembad met 'n veiligheidsnet.

Die huis bied slaapplek aan 8 gaste in 4 slaapkamers. Die eerste slaapkamer op die boonste verdieping het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die ander 3 slaapkamers is op die onderste verdieping. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. In die derde slaapkamer is daar ook 2 enkelbeddens en dié kamer het ook 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die vierde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n pootjiesbad. Elke kamer bied see- en berg-uitsigte.

Die moderne oopplan-leefarea is op die boonste verdieping en spog met asemrowende uitsigte oor Valsbaai met die berge in die agtergrond. In die sitkamer is daar 'n TV, 'n keramiekstofie en 'n eetkamertafel met 8 stoele. Die kombuis is toegerus met 'n gasstoof, elektriese oond, 'n mikrogolfoond en 'n skottelgoedwasser. Sekere DStv-kanale is beskikbaar en die huis het ook 'n alarmstelsel. Parkeerplek is buite op die perseel beskikbaar, en die huis kan op versoek en teen ekstra kostes skoongemaak word.

Gaste kan gerus op snikhete somersdae buite op die dek ontspan. Die Castle Rock Mariene Reservaat bied tientalle rotspoele vir ure se vermaak. Die huis is ook onderweg na die alombekende Kaappunt en net 'n entjie se ry vanaf die prentjiemooi vlootdorpie, Simonstad.

Slaapplek

'n Bespreking by Break Away sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Break Away gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R6 000 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false