Breaker View 35223
- Kapasiteit: 8 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Olckersstraat 60, Klein-Brakrivier, 6503, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R4 500 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Breaker View 35223 bied selfsorg-akkommodasie in die klein kusorpie Klein-Brakrivier, op die Tuinroete tussen George en Mosselbaai. Die huis is binne maklike bereik van die strand waar gaste 'n verskeidenheid watersporte kan geniet.
Dié vierslaapkamerhuis is gepas vir tot 8 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 1 stapelbed. Die 2 kamers het 'n gedeelde badkamer met 'n bad. Die vierde slaapkamer is in die binnehof, apart van die hoofhuis geleë. Dié kamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort.
Die kombuis is ten volle toegerus met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, skottelgoedwasser en 'n ontbythoekie. Die leefarea het 'n TV met volle DStv en WiFi. Die balkon het 'n see-uitsig.
Die leefarea lei met trappe af na die sitarea met tafeltennis onder. Skuifdeure lei na die binnehof met 'n ingeboude, onderdak-braaiplek met tuinmeubels. Die waskamer onder het 'n wasmasjien, tuimeldroër, ekstra yskas-vrieskas en 'n wasbak.
Slaapplek
’n Bespreking by Breaker View 35223 sluit in:
Ligging
- Olckersstraat 60, Klein-Brakrivier, 6503, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Little Brak Klein-Brakrivier Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 8 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Olckersstraat 60, Klein-Brakrivier, 6503, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom