Breakers Resort Apartment 420
- Kapasiteit: 4 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lagoonrylaan 88, Umhlanga Rocks, Umhlanga, 4320, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 311 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Die Breakers Resort is op Umhlanga Rocks se kuslyn geleë en bied gehalte-vakansieverblyf. Dié gesinsvriendelike oord bied 'n verskeidenheid vermaak deur die dag en in die aand aan. Dis net 60 m se stap vanaf die strand en die bewaarde Wetlands Sanctuary-roete.
Woonstel 420 beskik oor 3 enkelbeddens en 'n uittrekbed. Dis ideaal vir 'n klein gesin of 'n groep vriende. Die ateljeewoonstel het 'n badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak.
Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus.
Die leefarea het gemaklike sitplek en 'n TV met DStv. Gaste het toegang tot gratis WiFi.
Die oord het elke dag vermaak by die swembad. Daar is ook kamerdiens en die kamer word daagliks skoongemaak. Daar is 3 gemeenskaplike swembaddens, 'n klein waterpark, trampolien, speletjieskamer, klimraam, vlugbalbaan, binnehuise sokker- en krieketbaan, 'n restaurant en 'n sitkamer buite.
Breakers het 24 uur-ontvangs en -sekuriteit en daar is veilige ondergrondse parkeerplek.
Die Breakers Resort is die ideale bestemming op die strand vir 'n heerlike gesinsvakansie op Durban se kuslyn.
Dit is 1 km vanaf die gewilde toeriste-aantreklikheid The Umhlanga Village en 1,2 km vanaf Gateway wat een van die grootste winkelsentrums in Afrika is.
Slaapplek
’n Bespreking by Breakers Resort Apartment 420 sluit in:
Opsomming van Resensie
Ligging
- Lagoonrylaan 88, Umhlanga Rocks, Umhlanga, 4320, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Breakers Resort Apartment 420 het ’n goeie ligging
Sien meer verblyf in Umhlanga Durban Noord Durban KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 4 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lagoonrylaan 88, Umhlanga Rocks, Umhlanga, 4320, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom