Breede View Holiday Home
- Kapasiteit: 11 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kadiestraat 2, Witsand, 6666, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R3 340 per nag, vir 11 mense
Beskrywing
Breede View is 'n selfsorgvakansiehuis in Witsand, 'n sonderlinge dorpie by die mond van die Breederivier in die Wes-Kaap. Dit is bekend as die bestemming met die meeste Suidelike noorkappers aan die Suid-Afrikaanse kus, en spog met 'n 4 km-lange wit sandstrand, manjifieke Kaapse fynbos, voëllewe en 'n hele klomp watersportgeleenthede soos vlieërbranderry.
Die huis het slaapplek vir 11 gaste en beskik oor 5 slaapkamers, 4 badkamers en 'n oopplankombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer op die boonste verdieping het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Dié 2 slaapkamers deel 'n badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens en die vyfde slaapkamer het 'n stapelbed en 'n enkelbed. Dié 2 slaapkamers deel 'n badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak.
Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg en sluit 'n gasstoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, skottelgoedwasser, eetgerei en breekware in. Daar is ook 'n toonbank met stoeltjies. Die eetarea het 'n uitstekende uitsig oor die Breederivier en in die sitkamer is daar 'n gemaklike sitkamerstel en 'n slim-TV. Die eenheid het ook WiFi met 'n rugsteunkragstelsel en ligte in die geval van beurtkrag. Gaste is welkom om hulle eie DStv-dekodeerder en -slimkaart saam te bring. Daar is genoeg parkeerplek vir 2 voertuie en 'n boot in die straat.
Daar is 'n ping-pong-tafel en twee braais. Die huis is in 'n stil straat naby die Witsand Natuurreservaat en 'n openbare jetty waar gaste kan hengel of 'n boot ter water laat.
Slaapplek
’n Bespreking by Breede View Holiday Home sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Eetkamer
- Elektriese kombers
- Waaier
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Tv
Opsomming van Resensie
Ligging
- Kadiestraat 2, Witsand, 6666, Wes-Kaap
- Gaste dink Breede View Holiday Home het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 11 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kadiestraat 2, Witsand, 6666, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom