Brenton on Sea Cottages

Voeg by Gunstelinge

 

Winteraanbod 20 % af

Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 11 Mei 2020 tot 11 Jun 2020.

Beskrywing

Brenton on Sea is op die skilderagtige Tuinroete se kuslyn tussen die Indiese Oseaan en die Westelike kop van Knysna se riviermonding af geleë. Dit is 16 km se ry van Knysna af en is die perfekte bestemming as jy die Tuinroete se skatte wil gaan verken.

Ons verblyf sluit selfsorg-chalets met slaapplek vir onderskeidelik 2 - 3 gaste en 4 - 6 gaste in. Dié goed ingerigte grasdak-chalets is ideaal vir gesinne of vriende en het elk dubbel- en enkelslaapkamers, 2 badkamers, 'n sitkamer en 'n volledig toegeruste kombuis. 'n TV met 20 DStv-kanale is ook beskikbaar. Daar is ingeboude braaigeriewe naby jou voordeur, met braairoosters en tuinstoele.

Verwarmers, komberse, linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hulle eie strandhanddoeke bring. Gratis WiFi-koopbewyse is beskikbaar en tee- en koffiemaakgeriewe word vir die eerste aand voorsien. 'n Strykyster en -plank is beskikbaar in die chalets, en daar is gemeenskaplike wasgoedgeriewe. 'n Kampbed met beddegoed kan op versoek voorsien word.

Die oord het 'n swembad, braaigeriewe en skaduparkeerplek en is naby 'n geriefswinkel geleë. Daar is 2 restaurante in die omgewing en die naaste kruidenierswinkel is net 20 minute se ry hiervandaan.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Brenton On Sea Cottages gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R920 R736 per nag (plek vir 2)

Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 11 Mei 2020 tot 11 Jun 2020.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za