Brinksfontein Guest House
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 8 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Brinksfontein, 70 km vanaf Laingsburg, 6900, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R2 400 per nag, vir 8 mense
Beskrywing
Brinksfontein Guest House is 70 km van Laingsburg en 60 km van Sutherland af op 'n grondpad uit, in die stil en rustige Karoo. Brinksfontein bied die perfekte plek om jou skoene uit te skop en jou batterye te herlaai. Verblyf is beskikbaar in 'n kothuis wat volledig toegerus is vir selfsorg. Die huisie is teen die hange van die Moordenaars-Karoo se kliprandjies gebou. Dié bekoorlike eenheid werk met sonkrag en daar is WiFi.
Die kothuis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die eerste slaapkamer het 3 enkelbeddens, die tweede slaapkamer 'n dubbelbed en 'n driekwartbed en die derde slaapkamer is 'n buitekamer met 2 enkelbeddens en 'n wasbak. Die eerste badkamer het 'n stort, 'n gasgeiser, toilet en 'n wasbak, waar die tweede badkamer buite die huis is en 'n buitestort en 'n toilet het. Die slaapkamer het ook warmwaterbottels en ekstra komberse. Daar kan ekstra matrasse teen ekstra koste vir kinders gereël word.
Die oopplan-kombuis en -leefarea het 'n kaggel en gemaklike rusbanke. Die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, vierplaatgasstoof met ’n oond, eetgerei, breekware en 'n etenstafel met sitplek vir 8. Die kothuis het 'n hele versameling tydskrifte en boeke en daar is ook bordspeletjies.
Daar is 'n houtvuur-swembadjie in die braai-area, wat ideaal is vir ontspan in die Karoo en die plaas het staproetes wat gaste kan verken.
Slaapplek
’n Bespreking by Brinksfontein Guest House sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Aparte toilet
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Oond
- Stoof
Opsomming van Resensie
Ligging
- Brinksfontein, 70 km vanaf Laingsburg, 6900, Wes-Kaap
- Gaste dink Brinksfontein Guest House het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Klein Roggeveld Wes-Kaap
- Kapasiteit: 8 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Brinksfontein, 70 km vanaf Laingsburg, 6900, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom