Browns Manor

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Browns Manor is een van die eerste huise wat jy sal gewaar soos jy Upington binnery via die Olifantshoekpad/N14. Ons bied 'n gerieflike, stylvolle ervaring met die gemak en gasvryheid wat eie is aan die Noord-Kaapse mense.

Gaste kan kies tussen Executive suites, Deluxe suites of standaard kamers wat altesaam slaapplek aan 22 gaste bied. Elke eenheid het lugversorging en 'n en suite-badkamer met 'n bad of stort. Vir die veiligheidsbewustes het elke kamer sy eie paniekknoppie, alarmstelsel en kluis. Browns Manor is ook rolstoelvriendelik.

Ontbyt kan binne of buite bedien word by die swembad met sy pragtige uitsig oor die Kalahari. Op aanvraag kan jy ook ontbyt in die tropiese tuin langs die koidamme geniet. Kinders kan heerlik op die groot grasperk speel. Kom ontspan in die sitkamer en kry vir jou iets van die eerlikheidskroeg. Die gasheer bied ook braaigeriewe en -pakke en 'n verskeidenheid Kaapse wyne om jou dors en siel te les.

Die area bied die volgende besienswaardighede en doendinge: die Augrabies Nasionale Park, Namakwaland se blomme tydens blommeseisoen, Kgalagadi Oorgrenspark, skemerkelkievaarte op die Oranjerivier, wynproe, gholf, 4x4 roetes, en veel meer.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Middagete
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Browns Manor gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 400 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za