Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Bruintoon Vakansiehuis

Selfsorg
  • Kapasiteit: 11 mense
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Romanstraat 257, Brenton-on-Sea, Knysna, 6571, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 12
  • Vanaf R2 400 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Bruintoon Vakansiehuis is 'n dubbelverdiepinghuis in Brenton-on-Sea in die unieke Eden-distrik met sy pragtige see-uitsigte, strande, nabygeleë Knysna-strandmeer, inheemse woud en gematigde klimaat. Die huis skuil in 'n rustige omgewing en word omring deur struike wat voëls, skilpaaie en bokkies lok.

Daar is 3 eenhede beskikbaar. Die hoofhuis het slaapplek vir 6 gaste. Die C-Flat is op die grondverdieping en daar is slaapplek vir 4 gaste. Daar is ook 'n aparte en suite-slaapkamer op die grondverdieping, die Seeperdjie-kamer, wat slaapplek aan 1 gas bied. C-Flat en die Seeperdjie-kamer kan saam of apart bespreek word en kan ook saam met die huis bespreek word.

Die hoofhuis het 3 slaapkamers, 2 badkamers en bied 'n see-uitsig van die 3 kante af. 2 van die slaapkamers het elkeen 'n dubbelbed en die ander slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die een badkamers is en suite aan die hoofslaapkamer en het 'n bad en 'n stort. Die ander badkamer het net 'n bad.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n yskas-vrieskas, 'n stoof, oond en mikrogolf. Sout, peper, olie, asyn en basiese speserye en kruie is ingesluit. Daar is ook koffie, tee, suiker en melk om jou mee te verwelkom.

Die groot oopplan-leefarea op die boonste verdieping lei na die dek buite. Die sitkamer het gemaklike sitplek en daar is 'n TV en grat WiFi. Die dek buite is ideaal vir onthaal. Daar is ook braaigeriewe.

Ons het ook 'n bekoorlike C-woonstel op die grondvloer met slaapplek vir 4 gaste. Dit kan saam met die hoofhuis of apart verhuur word. Die woonstel beskik oor 2 slaapkamers, 1 met 'n koningingrootte-bed en die ander met 2 enkelbeddens. Die badkamer beskik oor 'n bad en stort en die oopplan-leefarea met 'n TV en DStv lei na 'n volledig toegeruste kombuis. Daar is 'n agterdeur wat na 'n binnehof lei. Braaigeriewe en WiFi is beskikbaar.

Seeperdjie is 'n aparte kamer wat lei na die binnehof aan die agterkant van die huis. Dit bied gerieflike slaapplek vir 1 persoon op 'n enkelbed en daar is ingeboude kaste. Dié eenheid het 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak, en toilet. Kamergeriewe sluit 'n ketel, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n yskassie en mikrgolfoond in. WiFi is ook beskikbaar, maar daar is nie 'n TV nie. Dit kan op sy eie bespreek word, maar verkieslik saam met C-Flat of saam met die hoofhuis.

Let asb. op dat die huis houtvloere het. Gaste wat hier wil bespreek moet gemaklik wees met hierdie feit en dit in ag neem as die perseel met ander gaste gedeel word.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 8 resensies vir Bruintoon Vakansiehuis
Netheid
4.8/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.0/5
Waarde vir geld
4.6/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Elrina Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 8

Jaar gelys 8

Ligging

  • Romanstraat 257, Brenton-on-Sea, Knysna, 6571, Wes-Kaap
  • Gaste dink Bruintoon Vakansiehuis het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 400
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R2 400
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 11 mense
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Romanstraat 257, Brenton-on-Sea, Knysna, 6571, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 12
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDRmZGJhN2UzLTRlY2QtNDRiNy05ZGVhLWQxYTBlMGRjMjEyNA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 400 per nag (plek vir 6) 8 5 1 5 257 Roman Street Brenton-on-Sea 6571 Wes-Kaap 021 201 8901 12:00-19:00 10:00 -34.073515105864 23.027468472719
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem