LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Buccara Wildlife Reserve | LekkeSlaap
+101

Buccara Wildlife Reserve

2 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 28 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Willowslopes Wildsplaas, Buccara Wildlife Reserve Karoo, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 210 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Buccara Wildlife Reserve bied selfsorgverblyf in 2 eenhede, die Karoo Manor House en die Karoo Main House net buite Graaff-Reinet in die Karoo. Die reservaat bied 'n rustige atmosfeer en is ingestel op inheemse kulture, wildbewaring en ekologiese bewusmaking.

Die Karoo Manor House het ruim kamers met lieflike uitsigte oor die grasperke en die tuine. Die Manor House bied gerieflike verblyf in 5 en suite-gastekamers. Elke kamer het lugversorging, 'n kluis, 'n sitarea, 'n yskassie en koffie- en teemaakgeriewe. Elke en suite-badkamer het 'n stort en 'n bad. Die Karoo Manor House het gemeenskaplike sitareas waarvan een 'n TV met sekere DStv-kanale het en die ander een 'n kaggel. Daar is ook 'n gemeenskaplike eetarea en 'n kombuis. Die kombuis is met 'n yskas, oond, stoof en 'n mikrogolfoond toegerus. Daar is 'n lieflike swembad wat perfek is vir die warm somersdae.

Die Karoo Main House is meer modern as die Manor House. Die huis het oop leefareas wat 'n rustige atmosfeer skep en 'n snoekertafel wat uit 1911 dateer. Daar is 'n swembad, 'n aangrensende spa en braaigeriewe. Die huis beskik oor 4 gastekamers wat uniek versier is. Elke kamer het lugversorging, 'n TV met sekere DStv-kanale, 'n sitarea, koffie- en teemaakgeriewe, 'n yskassie en WiFi. Twee van die gastekamers het en suite-badkamers met baddens en storte. Die ander 2 kamers deel 'n badkamer wat 'n bad en 'n stort het. Daar is ook 'n gemeenskaplike kombuis met 'n etenstafel, stoele en gemaklike sitareas. Die kombuis is met 'n yskas, oond, stoof en 'n mikrogolfoond toegerus.

Die Buccara Wildlife Reserve is 20 km van Graaff-Reinet af waar daar winkels en restaurante is en 14,9 km van die Kamdeboo Nasionale Park af.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kroeg
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Aandete Op Versoek
  • Middagete
  • Tee
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.4 uit 5van 2 resensies vir Buccara Wildlife Reserve
Netheid
4.5/5
Diens
4.0/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Willowslopes Wildsplaas, Buccara Wildlife Reserve Karoo, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
  • Gaste dink Buccara Wildlife Reserve het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 210
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R2 210
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 28 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Willowslopes Wildsplaas, Buccara Wildlife Reserve Karoo, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA098CLpphyZfUBrOlXv2MHkWZ1h0YiKoBSwnS66dFabupO87emr?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 210  per nag (vir 2 persone) 2 5 1 5 Willowslopes Game Farm Buccara Wildlife Reserve Karoo 6280 Oos-Kaap 086 999 0018 14:00-17:00 10:00 -32.157156481261 24.648454384927
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!