Bucklands Guest Farm

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Bucklands is 'n werkende Karooplaas wat baie doendinge bied. Die plaas is 47 km vanaf Steytlerville en ons het verskillende akkommodasie-opsies: Ouwerwe, 'n selfsorghuis met plek vir 12 persone, die Poortjie, selfsorgkothuis vir 4 persone, en slaapplek vir 6 persone saam met 'n gids in 'n San Grot by Blougat in die Grootrivierspoort. Besoekers kan ook heerlik gaan stap, visvang, 4x4, teikenskiet en bergfietsry.

Ouwerwe het 4 slaapkamers, 2 volledige badkamers, 'n volledig toegeruste kombuis en slaapplek vir 12 persone. Die huis het ook 'n aangename kaggel in die sitkamer en die ruim veranda is toegerus met braaigeriewe. Die Poortjies het 2 slaapkamers, 1 badkamer en slaapplek vir 4 persone. Dié kothuis het 'n knus stoep en 'n lapa met braaigeriewe. Die San Grot by Blougat bied slaapplek vir 6 persone, daar is 'n spoeltoilet en 'n veldstort met warm water, en al die etes is ingesluit.

As jy op soek is na 'n plekkie wat nie op die gebaande weë is nie, is Bucklands gemaak vir jou! Pioniers en jagters wat met hulle waens van die Kaap af getrek het, het gereeld 'n draai in hierdie omgewing gemaak wat deel vorm van die suidelike gedeelte van die Kamdebo-vlakte. Hierdie mense was op soek na 'n nuwe lewe en ivoor, of "witgoud" soos wat hulle dit genoem het. Hulle het plase gevestig in dié vallei wat begrens word deur die Baviaans- en die Grootrivierhoogte. Die tipiese Karoo-klimaat is droog en gesond, die dae is warm en die nagte is koud. Doendinge op die plaas sluit voëlkyk, wildritte en kampeer in. Verken die eeue oue rotstekeninge, pragtige staproetes en bergfietsritte, of verken die omgewing te perd. Bucklands is aan die bokant van die Grootrivierspoort. Die staproetes deur die poort se geelhoutbome en broodbome is pragtig, en daar is heelwat swemgate en piekniekplekke. Daar is San-grotte en 'n gefossileerde rif wat blykbaar 300 miljoen jaar oud is!

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Bucklands Guest Farm gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R500 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false