Buffalo Brooke

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Buffalo Brooke, in die Mjejane Wildsreservaat, is geleë op die skilderagtige oewers van een van die Krugerwildtuin se grootste riviere, die Krokodilrivier, en is omring deur derduisende hektaar Afrika-wildernis. Dit is hier waar plekke van water plekke van lewe word. Dit is hier waar alle vorms van wildlewe aangetrek word na die rivier-habitat om te vreet en hulle dors te les. Dit is hier waar die paadjies van die roofdiere en hulle prooi kruis. Dit is hier waar lewe en dood goeie vriende word. Dit is hier waar jy verseker sal wees van 'n asemrowende wildlewe-ervaring.

Buffalo Brooke akkommodeer tot 10 gaste in 5 private slaapkamers. Elke slaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n bad, asook 'n binne- en buitestort en 'n patio wat uitkyk oor die Krokodilrivier. Die lang gang van die huis lei na 'n groot sit- en eetarea waar gaste kan sit, en 'n skemerkelkie geniet terwyl hulle kyk na die verskeidenheid voël- en wilde dierelewe. Hierdie kamer brei verder uit na 'n enorme patio met 'n swembad- en braai-area waar vele bosverhale al met mekaar gedeel is.

Hierdie selfsorghuis is toegerus met lugversorging, plafonwaaiers, satelliet-TV, 'n volle toegeruste kombuis en kroeg, asook 'n daaglikse skoonmaakdiens, behalwe Sondae en openbare vakansiedae.

Buffalo Brooke is geleë in Groot 5 grondgebied op sy beste! Wanneer die son sak oor die Krugerwildtuin aan die einde van nog 'n merkwaardige dag, sal die rivier jou sorge wegvoer, en Afrika sal vir altyd in jou bloed wees.

Slaapplek

'n Bespreking by Buffalo Brooke sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 5 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite op perseel

  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe
  •  Xhosa

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Waaier

Maaltye Aangebied

  •  Aandete Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Buffalo Brooke gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R11 000 per nag (plek vir 10)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false