Buffelsdrift Log Cabin

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 10 % af

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 18 Jul 2019 tot 8 Aug 2019.

Beskrywing

Buffelsdrift Log Cabin is op die buitewyke van die Buffelsdrift Plaas geleë, 12 km vanaf Oudtshoorn. Die hut is omring deur 'n Karoo-vetplantbioom en bied aan gaste selfsorgverblyf in 'n natuurlike omgewing.

Dié kothuis het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en ’n oopplan-kombuis en -leefarea. 2 van die kamers het lugversorging en ’n en suite-badkamer met ’n stort en toilet. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die tweede en derde slaapkamer het elk 2 enkelbeddens.

Die kombuis is goed toegerus vir selfsorg met 'n oond, stoof, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware. Die eetarea het sitplek vir 6 en die sitarea het ’n gemaklike sitkamerstel.

Die leefarea lei na ’n lieflike stoep met ’n etenstafel en braaigeriewe. Gaste kan panoramiese uitsigte geniet vanaf die stoep waar wild soos kameelperde, springbokke en buffels gewaar word.

Doendinge op die plaas sluit volstruisplaastoere, meerkattoere en sonsondergangritte in. Die kothuis is ideaal vir gaste wat op soek is na rus en vrede weg vanaf die gedruis van die stad.

Slaapplek

'n Bespreking by Buffelsdrift Log Cabin sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Verekombers
  •  Elektriese kombers

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Buffelsdrift Log Cabin gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 800 R1 620 per nag (plek vir 6)

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 18 Jul 2019 tot 8 Aug 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]