Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Buffelskloof Boskamp

Kampeer/karavaan

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 26 resensies vir Buffelskloof Boskamp
Netheid
4.5/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.9/5
Chrisna G - Feb 2024
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Chrisna G
Saam met eggenoot / lewensmaat

Excellent.

Excellent with fun and cleanliness.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Buffelskloof Boskamp se terugvoer

Baie dankie vir julle besigheid, julle is altyd welkom. Mooi loop. Groete van Buffelskloof.

Buffelskloof Boskamp
Bettie J - Des 2023
Algehele gradering
Netheid
2/5
Diens
2/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
3/5
Bettie J
Saam met vriende

Baie rustig, ontspanne.

Die kamp was baie lekker, maar eers na aankoms is ons teen slange gewaarsku. Kon dus nie werklik die omgewing verken soos beplan was nie. Die badkamers was baie vuil. Ons moes dit self skoonmaak. Die asblikke het oorgeloop.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Buffelskloof Boskamp se terugvoer

Dankie vir die terugvoer, Bettie. Ja, ongelukkig is slange deel van die bos. Voorkoming is beter as genesing. Jammer oor die asblik. Groete, Willem

Buffelskloof Boskamp
Simone L - Des 2023
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Simone L
Saam met eggenoot / lewensmaat

Great break from the city. Disconnect from technology and reconnect with nature.

We had a lovely break at Buffelskloof. Because I had no signal most of the time, I could really disconnect and enjoy the surroundings. It is recommended to bring games or a book along to avoid getting bored. We had no power, so we had to drive into town (10 minutes away) to get ice in order to keep our food fresh. Our Labrador had the best time swimming in the dam. It gets very hot, so we had cold showers often during the day. Overall we really enjoyed our stay. Willem and Josef are very friendly and will make sure you have everything you need.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Buffelskloof Boskamp se terugvoer

Thank you for your visit, you're always welcome. We would like to take you on a game drive next time. Regards, Willem

Buffelskloof Boskamp
Philip M - Okt 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Philip M
Saam met eggenoot / lewensmaat

Dankie vir 'n lekker naweek in die bos. Kampterrein is baie spesiaal vir boskamp, regtig net die basiese wat daar is. Dankie vir Willem wat altyd hulpvaardig was en altyd net wil help. Sal kamp aanbeveel, dit was 'n goeie wegbreek. Pragtige ligging. Baie dankie.

Terug bos toe ervaring.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Buffelskloof Boskamp se terugvoer

Baie dankie julle is altyd welkom. Groete.

Buffelskloof Boskamp
Albert L - Sep 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Albert L
Saam met eggenoot / lewensmaat

Awesome!

Ons was in die bevoorregte posisie om vir 'n week lank te kamp by Buffelskloof Boskamp, Koedoe kamp. As jy na 'n boskamp ervaring soek, met 'n egte bos-stort en 'n toilet met 'n uitsig oor die Waterberge en die dorpie, Naboomspruit op die horison, is hierdie die plek vir jou. Hier teen die berg is vrede en rus vir jou siel, en 'n uitsig wat jou behaaglik laat sug en ontspan. Ons het die geleentheid gehad om die koedoes en nyalas te voer en hul teenwoordigheid elke middag te geniet. 'n Meer hulpvaardige en groothartige gasheer as Willem, die eienaar, gaan jy moelik vind. Hy het dadelik ingespring en gehelp toe van ons kamptoerusting die gees gegee het en hy het uit sy pad gegaan om te verseker dat ons tydjie onverbeterlik was. Sy gasvryheid en humor het bygedra tot 'n onvergeetlike ervaring en hy het ons op die hande gedra en behoorlik bederf. Die enigste nadeel was dat ons nie vir altyd kon bly nie. Baie dankie, Willem!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Frik P - Jul 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Frik P
Saam met vriende

Wat 'n lekker plek!

Met bosse omring, diere wat om jou loop, 'n grondpad gebou vir 4x4 karavane en avontuur motorfietse en 'n eienaar wat regtig omgee vir sy gaste is dit een van die bestes wat ons al gedoen het met die groot fietse! Baie dankie Willem, ons kom weer.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Hendrik B - Jun 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Hendrik B
Saam met vriende

Lekker stil en rustig in 'n regte boskamp.

Ons het Vrydag gearriveer en is na ons kamp plek vergesel. Willem het die aand opgedaag om seker te maak alles is in orde. Ons het hierdie keer by Koedoe kamp gestaan. Hierdie is 'n regte boskamp met net water, toilet met 'n uitsig, bosstort en afdak. Daar was genoeg hout vir 'n lekker kampvuur elke aand. Dit was die ideale geleentheid om ons veld toerusting te toets. Willem is ook besig om staproetes te beplan. Ons sien uit na ons volgende kamp.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Rentia A - Apr 2023
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Rentia A
Saam met eggenoot / lewensmaat

As jy rustigheid vir jou siel wil hê, gaan doen die boskamp.

Die gasvryheid van Willem, die omgewing, die stilte, die bos - ons het dit vreeslik geniet - dit is vir mense wat die bos geniet en nie wil glamp nie. Ons sal verseker weer die kamp gaan besoek en weer so lekker kuier en stap en net rustigheid vir ons siele kry.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Buffelskloof Boskamp se terugvoer

Baie dankie
Was lekker om ons kamp met julle te deel. Sal julle enige tyd graag weer ontvang. Julle is aangenaame kampliefhebbers. Groete Willem

Buffelskloof Boskamp
Marissa C - Mrt 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Marissa C
Saam met vriende

In die natuur, doodstil.

Die naweek was heerlik! Kon wegkom van die stad en net weer rustig raak.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Buffelskloof Boskamp se terugvoer

Lekker om te hoor julle is altyd welkom. Groete, Willem

Buffelskloof Boskamp
Sonét R - Jan 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Sonét R
Saam met eggenoot / lewensmaat

Lekkerste, rustigste plek!

Ons het 'n ongelooflik lekker ervaring by Buffelskloof gehad. Die Koedoekamp is besonders skoon en netjies. Willem is 'n fantastiese host, wat mens net só welkom en tuis laat voel!. Ons het klaar ons volgende kamp bespreek!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Buffelskloof Boskamp se terugvoer

Baie dankie, julle is altyd welkom en ek het reeds julle wild rit gereël. Ons sien baie uit. Mooi loop.

Buffelskloof Boskamp
Karina I - Des 2022
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Karina I
Saam met eggenoot / lewensmaat

Rustig en ontspanne.

Ons het heerlik gekamp. Om vir 'n paar dae niemand te sien en niks te hoor nie, is fantasties.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Buffelskloof Boskamp se terugvoer

Baie dankie. Ek is bly julle het dit geniet en voorspoed vir julle planne. Mooi loop.
Groete
Willem

Buffelskloof Boskamp
Paul V - Okt 2022
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Paul V
Gesin met tieners

Definitief een van die mooiste plekke waar ek nog gekamp het.

Die natuurskoon in die Buffelkloof Boskamp is regtig iets besonders. Ons was gelukkig om die hele kamp vir die naweek vir ons self te hê. Gereiwe is basies, water met 'n klein badkamer met twee spoeltoilette en twee storte en 'n opwas wasbak onder die afdak, maar dit is hoe ons dit verkies. Dit het gevoel of ons iewers diep in die bos is, want jy hoor net die veldgeluide die heeltyd terwyl jy daar is. Ons het die stilte baie geniet en het die heeltyd veilig gevoel. Daar is 'n lekker dam om in af te koel en ons kon ons vier honde ook saamneem. Die pad in en uit die boskamp is wel definitief net geskik vir 'n volbloed 4X4 veral as jy 'n swaar boskaravaan gaan saamsleep. Sal dit definitief aanbeveel vir enige kampeerders wat daarvan hou om tyd in die natuur deur te bring.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Buffelskloof Boskamp se terugvoer

Baie dankie vir julle belangsteling in ons Boskamp baie bly julle het dit geniet julle is altyd welkom. Groete Willem

Buffelskloof Boskamp
Chris D - Aug 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Chris D
Saam met eggenoot / lewensmaat

Diep in die bos - net jy en die natuur - sielsverrykend!!

Baie, baie, baie dankie Willem - dit was nou net wat ons nodig gehad het. Pragtige kampplek in 'n kloof met groot rotse, baie bome en heerlike stap paadjies - wat meer wil jy hê. Jou gasvryheid, reëlings en omgee het ons baie welkom laat voel. Die donkie is die beste! Ek wil nou ook so een hê - ons het na 'n warm stort heerlike brood in hom gebak! (Die donkie is 'n wonderlike ding). Ons kom beslis weer!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Buffelskloof Boskamp se terugvoer

Was baie lekker om julle te ontvang julle is altyd welkom en bring al die kinders volgende keer. Mooi loop Groete Willem Hoffmann

Buffelskloof Boskamp
Egbert B - Aug 2022
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Egbert B
Saam met vriende

Rustig is wagwoord.

Sodra die toegangshek agter jou toemaak is jy in 'n ander wêreld, die daaglikse sorge agtergelaat. Willem laat jou dadelik tuis voel (boerseun). Ons het by koedoekamp gebly met basiese geriewe en dit baie aangenaam en voldoende gevind. Om daar saam met familie te kamp is 'n wenner want 'n mens kan ongesteurd kuier omdat die kampplek as geheel bespreek word. Dit was lekker! Sal weer gaan.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Buffelskloof Boskamp se terugvoer

Baie dankie Oom Bossie julle is altyd welkom was baie lekker om julle hier te kon ontvang. Mooi loop tot volgende keer. Groete Willem Hoffmann

Buffelskloof Boskamp
Braam V - Mrt 2022
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Braam V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Absolute rustigheid.

As jy wil "off the grid" kamp, is Buffelskloof Boskamp die plek vir jou. Veilig, rustig en stil. Vriendelike mense en diens. Raak weg in die bos en ervaar die natuur.

  Nuttig  (1)
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Buffelskloof Boskamp se terugvoer

Baie welkom ons sal julle enige tyd weer ontvang.
Mooi loop. Groete Willem

Buffelskloof Boskamp
Sonja F - Feb 2022
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Sonja F
Saam met vriende

Rustig, skoon, aangenaam, avontuur, opsies, gemaklik.

Ek en my man het met twee van ons vriende gaan kamp. Met die aankoms het Willem ons vriendelik verwelkom en na die kampterrein geneem. Ons was aangenaam verras - skuduryk, skoon, ruim braai-area. Daar was nie 'n enkele papier of selfs 'n beentjie by die vuurarea nie (ideaal as jy jou hond daar het). Ons het 'n paar keer in die dam geswem (skoon) en gaan draf/stap, daar is lekker paadjies. Alles wat 'n mens nodig het, twee identiese badkamers met 'n opwasarea. Een van die hoogtepunte was om na die uitkykpunt te ry. Baie mooi uitsigte en ideaal as jy jou kaasbord en 'n paar 'sundowners' inpak. Ons hond het dit net so baie geniet.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Hendrik B - Jan 2022
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Hendrik B
Saam met vriende

Ideaal.

Ons het Maandag by die kamp aangekom nadat ons in die reën gery het. Die reën het net lank genoeg opgehou om kamp op te sit. Die terrein het die reënwater goed gedreineer. Die kampterrein was netjies en skoon en daar was genoeg hout om die donkie elke aand te stook met genoeg warm water vir 'n oggend stort. Willem was nie op die plaas met ons aankoms nie, maar het alles gereël gehad. Hy het ons met sy aankoms ons verwelkom. Ons het van die wandelpaaie gestap en Willem het aanbeveel dat ons na die uitkyk punt ry. Die ongerepte natuur, stilte en rustigheid was net wat ons nodig gehad het. Ons sal beslis weer gaan.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Annemarie L - Okt 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Annemarie L
Saam met eggenoot / lewensmaat

Heerlike, rustige bos-ervaring!

Wat ’n ongelooflike naweek! Die eienaar het lekker kom kuier en so bietjie meer van die omgewing en sy planne rondom eko-toerisme gedeel! Gaan beslis weer kuier, nog mense saam vat! Maar maak seker jou voertuig is 4x4! As jy eers onder in die kloof is, moet jy weer bo kom! Geen selopvangs, tensy jy gaan berg klim! Kan nie wag om te sien hoe die spruite lyk na goeie reën nie!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Buffelskloof Boskamp se terugvoer

Julle is welkom baie dankie vir julle besigheid. Mooi jaar vir julle. Buffelskloof-groete, Willem.

Buffelskloof Boskamp
Janine L - Sep 2021
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Janine L
Saam met vriende

Vriende en familie wegbreek.

Dit is 'n boskamp vir mense wat nie gepla is oor elektrisiteit nie. Perfek as jy nie tussen klomp mense wil kamp nie en jy jou sonpaneel en battery het om jou yskaste aan die gang te hou. Daar is 'n donkie vir warm water asook opwasplek vir jou skottelgoed. Die badkamer sluit 'n stort en wasbak en toilet in een vertrek in wat ruim is. Almal moet self skoonmaak na jy die badkamer gebruik het - wat nie 'n probleem is nie. Daar was genoeg skoon water. Ons het ons hond saamgevat en het heeldag by die dam gekuier en geswem en gebraai. Hout is voorsien vir die donkie en vir braai en Willem het vir ons 'n groot krat nartjies en aarbeie ook kom gee. Jy sal nie met 'n gewone kar by die opdraende sommer kan uitry nie, maar die pad is goed en nie 'n probleem vir 'n 4x4 nie.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Buffelskloof Boskamp se terugvoer

Dankie vir julle besoek ons sal julle graag weer in die toekoms wil ontvang julle is vriedelike mense.
Groete
Willem

Buffelskloof Boskamp
Jason M - Sep 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Jason M
Enkelreisiger

Motorfietskamp-trip.

Lekker motorfiets-trip gevat. Excellent mense. Regte bosveldkamp, sal my en nog motorfietse weer sien. Dankie.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Buffelskloof Boskamp se terugvoer

Baie welkom ons sal julle graag ontvang.
Groete
Willem

Buffelskloof Boskamp
Hannes V - Aug 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Hannes V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie vriendelike ontvangs vanaf die eienaar. Privaat, stil, goeie diens.

Koedoekamp is privaat met 'n warm stort (jy moet self water warm maak). Mag oor hele plaas stap. Wild kom tot in die kamp om te vreet, wildspille word voorsien.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Buffelskloof Boskamp se terugvoer

Baie dankie julle is altyd welkom sien weer. Groete Willem

Buffelskloof Boskamp
Johann K - Aug 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Johann K
Saam met eggenoot / lewensmaat

Dit was albsoluut fantasties - baie stil, netjies en mooi bosveld. Kon lekker gaan stap en die bos geniet.

Dit was werklik 'n wonderlike ervaring - in die bos met wild rondom die kamp. Het die rustigheid en stap baie geniet.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Buffelskloof Boskamp se terugvoer

Altyd welkom ek wil graag 'n bankie vir julle opsit heel bo op die berg om 'n blaaskans te vat as jy gaan stap. Groete Willem

Buffelskloof Boskamp
Monique P - Mrt 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Monique P
Saam met vriende

Dit was fantasties, rou bos, geen krag, geen sein.

Net wat die siel benodig. Dit was fantasties. Pure bos. Lekker om “off the grid” te wees. Elke dag gaan stap, en saans lekker gekuier om die vuur. As iemand dink hulle wil gaan glamp, sleep dan jou boswa saam. Maar as jy wil kamp en rus kry, ek sal maklik daar gaan bly vir 'n week! Dis beeldskoon en kry opnuut waardeering vir natuur. Willem is baie vriendelik en het 'n fantastiese diens gelewer.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Buffelskloof Boskamp se terugvoer

Baie dankie dat julle by ons kom inloer het, ek sal julle graag volgende keer weer ontvang met meer vriende wat kan kom kuier. Groete, Willem.

Buffelskloof Boskamp
Liezel B - Feb 2021
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Liezel B

Heerlik gekuier op Buffelskloof.

Ons het heerlik gekamp by Buffelskloof Wild. Die kamp plek is naby genoeg aan Pretoria vir 'n vinnige naweek wegbreek en ons kon ons honde saam wat die beste deel was. Ons het die hele kamp vir onsself gehad en kon lekker saam met ons groot familie kamp. Ons sal definitief weer teruggaan.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Buffelskloof Boskamp se terugvoer

Baie dankie vir julle besoek einige tyd welkom ek onthou daai kwaai blinde woef wat sy mense so mooi beskerm. Groete Willem

Buffelskloof Boskamp
Nadia L - Des 2020
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Nadia L
Saam met eggenoot / lewensmaat

Opwindend, salig, ontvanklik.

Aangenaam verras deur die rustigheid en natuuurskoon by die Buffelskloof Boskamp! Weggesteek in die kloof se inheemse bos het ons vinnig van alles anders laat vergeet. Die hoogtepunt was die donkie en warm stort in die netjiese en ruim ablusiegeriewe. Willem en sy gesin het ons hartlik ontvang en was opgewonde vir ons part om daar te kamp - met goeie rede! Wens ons kon langer bly om die dam en volle staproete te geniet. Sien julle vir seker weer!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Buffelskloof Boskamp se terugvoer

Altyd welkom ons staan reg vir julle volgende kuier. Groete Willem.

Buffelskloof Boskamp
Louwrens B - Sep 2020
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Louwrens B
Saam met eggenoot / lewensmaat

Los hande die beste naweek weg!!

Willem en sy gesin het ons met ope arms verwelkom en gemaklik laat voel. Ware hartsmense wat voel soos goeie ou vriende. Die perseel is netjies, privaat, skoon en baie goed uiteengesit. My vrou was veral uiters beïndruk met die ablusiegeriewe. Waldu (Willem se seun) het ons op 'n staptoer geneem om die pragtige uitsig van die kloof se uitkykpunte beter te waardeer, 10/10 vir diens!! Onder 2 ure se ry vanaf Pretoria het verseker dat ons Buffelskloof gedurig gaan besoek, dit is die perfekte wegbreek vir paartjies en groepe. Sien uit om weer te gaan kuier, rus vir die siel op Buffelskloof!! Groete Louwrens en Leandri

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Buffelskloof Boskamp se terugvoer

Altyd welkom noodeloos om te se julle was al 3 keer hier op die plaas en het nou vriende geword. Groete Willem

Buffelskloof Boskamp
Vanaf
R270
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R270
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R270
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 26 persone
  • Inkloktyd: 10:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas, Buffelskloof, Naboomspruit, 0560, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAc28c7004d2fae6557d9c00ea1d766ad13ee82fd647280c58624b9a27de7a41a4179bc05cc42d98baebb78641197fe4b8b4df?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R270 per nag, vir 2 mense 26 5 1 5 Farm Buffelskloof 0560 Limpopo 021 201 8901 10:00-19:00 10:00 -24.498601824561 28.651150294602