Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Bunker's View

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Inkloktyd: 10:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Blinkbonnie-laan 61, Prince's Grant Gholflandgoed, KwaDukuza, 4480, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 500 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Bunker's View bied verblyf op Prince's Grant Gholflandgoed aan die Noordkus van KwaZulu-Natal en 'n uitsig oor die Indiese Oseaan en die Mdlotanerivier. Dié rivier het baie vis en daar is 'n groot verskeidenheid voëls wat die majestueuse visarend insluit.

Dié huis beskik oor 3 slaapkamers en 3 badkamers met slaapplek vir 6 gaste. Die eenheid bied 'n uitsig oor die sesde skoonveld en die dam. Die hoofhuis het 'n oopplan-sitarea en -eetarea met stapeldeure wat na 'n ruim, onderdakstoep lei.

Die oopplan-kombuis lei na die sitarea waar daar oorgenoeg sitplek is vir gaste om hul maaltye te geniet. Daar is ook 'n waskamer met wasgoedgeriewe.

Die hoofhuis het 2 slaapkamers met 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak elk. Die huis het ook 'n gastetoilet.

Die derde slaapkamer is apart van die hoofhuis en is perfek vir paartjies. Daar is 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak.

Die huis bied veilige parkeerplek in 'n enkelmotorhuis, onder 'n afdak en daar is 'n motorhuis vir 'n gholfkarretjie.

Prince's Grant is 'n kampioenskap gholflandgoed met 'n 18 putjie-gholfbaan. Die landgoed spog met wêreldklasgeriewe wat tennisbane, muurbalbane, swembaddens, 'n gholfbaan, 'n klubhuis en 'n Pro-winkel insluit. Daar is ook doendinge soos kanovaarte op die strandmeer, voëlkyk, staproetes en 3 private toegangspunte na die strand.

Gaste kan maaltye by die Bunkers A La Carte Restaurant of Mulligans Bar and Restaurant geniet.

Slaapplek

’n Bespreking by Bunker's View sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe

Aktiwiteite op perseel

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Tennis

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Aandete Op Versoek
  • Middagete

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond

Ligging

  • Blinkbonnie-laan 61, Prince's Grant Gholflandgoed, KwaDukuza, 4480, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R3 500
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R3 500
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Inkloktyd: 10:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Blinkbonnie-laan 61, Prince's Grant Gholflandgoed, KwaDukuza, 4480, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAVFZtWjUwVXdWBmbQS597dPJYPecQZExa1NJw1s5QBve9Zo9scW?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 500 per nag (plek vir 6) 61 Blinkbonnie Lane Prince's Grant Golf Estate 4480 KwaZulu-Natal 021 201 8901 10:00-19:00 10:00 -29.338435342063 31.370199957816
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem