Burgherspost Premium Self-Catering Accommodation
Beskrywing
Die Burgherspost Wynlandgoed lê aan die voet van die skilderagtige Dassenberg op Darling se wynroete.
Ons 2 semi-losstaande selfsorgkothuise staan langs die historiese herehuis. Dié kothuise is ideaal vir paartjies en enkelinge en bied uitsigte oor die wildkamp, plaasdamme, wingerde en die berge in die verte. Elke kothuis het 'n koninggrootte-bed, 'n ten volle toegeruste kombuis, leefarea, eetarea, 'n veranda met stoepmeubels, en braaigeriewe buite.
Die landgoed spog met 'n 1200 ha-veldblomreservaat en is die tuiste vir bykans 50 bedreigde spesies. 'n Paar van dié pragtige spesies kom nêrens anders in die wêreld voor nie. Ons gaste is mal oor die unieke, komplimentêre fynbos- en veldblomrit en die bontebokke, sebras, gemsbokke en elande wat in die veld wei. 'n Groot verskeidenheid voëlspesies kom ook hier voor.
Burgherspost Wynlandgoed is sowat 25 km van Darling en Malmesbury af, so dit is ideaal vir diegene wat smag na 'n rustige plaaswegbreek naby wynproelokale, 'n boetiek-bierbrouery, Evita se Perron, die Weskus Nasionale Park, Yzerfontein en Langebaan.
Kenmerke
- Afrikaans
- Braaiplek
- Gratis WiFi
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Wynproe
- Begeleide Wandelpaaie
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Geriewe
- Begeleide Wildritte Ingesluit
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Kaart Meer oor die omgewing
Gaste wat na Burgherspost Premium Self-Catering Accommodation gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:
Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za |
![]() ![]() |