Burkleigh House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Burkleigh house is 'n 62 jaar oue huis wat aansienlik omskep is om as eersteklas gastehuis te dien. Die voorste fasade van die huis word omvou deur 'n groot, sonnige stoep, die ideale plek om skemerkelkies te geniet, terwyl jy uitkyk oor die stad se gedruis met 'n uitsig oor die gevestigde, welige tuin met sy groot bome en sprankelende swembad.

Gaste kan hul met oorgawe vergryp aan die stil hoekies van die tuin om te lees of om na die groot verskeidenheid voëls te kyk wat Burkleigh ook hul tuiste gemaak het.

Elkeen van die vyf nie-rook kamers front noord en spog met 'n indrukwekkende verskeidenheid van moderne geriewe; vinnige toegang tot WiFi, plasma-TV en lessenaar vir die ywerige besigheidsman/vrou. Elke bed het 'n binneveermatras met kraakvars katoenlinne en duvets. Die badkamers beskik almal oor ekstra groot glasstorte met vintage spieëls en ligtoebehore.

Kamer 1 het 'n elegante Frans-Provensaalse flair met 'n wit vintage dubbelbed, 'n Juliet balkon wat na die weste uitkyk oor die kabbelende fontein en swembad.

Kamer 2 is gemeubileer met 'n antieke dubbelbed met ekstra lengte en 'n oorspronklike stinkhout-en peerhoutkas uit die agtiende eeu. Die badkamer is volledig met antieke spieëls en toebehore.

Kamer 3 is toegerus met 'n antieke dubbelbed met ekstra lengte en 'n oorspronklike Kaapse geelhoutkas en 'n laaikas van stinkhout uit die agtiende eeu. Die badkamer is toegerus met 'n raamlose stort en 'n unieke antieke wastafel met oorspronklike ligtoebehore.

Kamer 4 is ontwerp met donker houtsoorte wat 'n subtiele kontras vorm met die wit mure en room- en sjokoladekleurige linne en 'n oorspronklike kas van okkerneuthout om mee te spog. Die werkstasie bestaan uit 'n antieke lessenaar van okkerneuthout en die blad is afgewerk met leer. Die badkamer voltooi hierdie Victoriaanse ontvlugting met 'n raamlose stort en Victoriaanse styl bad.

Kamer 5 beskik oor 'n koninggroote-bed met ekstra lengte wat opgedeel kan word in 2 enkelbeddens en 'n Victoriaanse kas van mahoniehout.Die werkstasie bestaan uit 'n lessenaar met 'n afgewerkte blad van leer en 'n antieke lamp as beligting. Volle badkamer met 'n ekstra groot raamlose stort en 'n Victoriaanse bal-en-klou bad voltooi dié stylvolle slaapkamer van 'n vervloë era.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe
  •  Xhosa

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Burkleigh House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 520 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false