Bush Getaways

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Bush Getaways grens aan die malaria-vrye Addo Olifantpark en bied luukse verblyf. Dit is 'n enkelstop-bestemming vir gesinswegbreke, korporatiewe indaba's, "bundubash"-wegbreke vir skoolkampe en natuurliefhebbers.

Daar is 3 lodges, naamlik die Intaba Game and Mountain Lodge met 5 en suite-slaapkamers wat slaapplek vir 10 gaste bied en ekstra slaapplek vir kinders. Jy kan slegs die lodge slegs met 'n 4x4-voertuig bereik. Die Aloe Tented Camp het 3 tente en 'n grasdak-chalet wat elk oor hul eie badkamer beskik. Daar is altesame slaapplek vir 22 gaste. Deer Cottage het 3 selfsorgkamers en slaapplek vir 8 gaste, plus 2 kinders op stapelbeddens.

Elke lodge word as een eenheid verhuur en minimum tariewe geld dus wanneer kleiner groepe bespreek. Elke verblyfplekkie het 'n plonspoel om in af te koel op die lang, warm somerdae. Die lodges maak gebruik van sonkrag so geen elektriese toestelle soos haardroërs, broodroostrer en ketels kan gebruik word nie. Gasgeisers- en stowe word gebruik.

Die plaas is die tuiste van meer as 25 spesies wild. Dit sluit in kameelperde, koedoes, rooiribbokke, duikers, waterbokke, njala's, gekolde herte, elande, blesbokke, springbokke, rooibokke, wildebeeste, bosbokke, ratels, aardwolwe, jakkalse, rooikatte en bakoorjakkalse asook die Kaapse bergsebratroppe wat ons ingevoer het.

Prentjiemooi boswandelings, bergfietsroetes en 4x4-roetes is beskikbaar. Die verskeidenheid voëls en plante maak dit 'n wild-entoesias se droom-bestemming. In die omgewing kan jy ook die Addo Olifantpark besoek, 'n jagluiperd-teelkamp, die Sondagsrivier roos-plantasies, die sitrus-pakhuise en topklas gesondheid-spa's.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Wildkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Bush Getaways gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 650 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false