Butterfly House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Butterfly House is 'n stil, rustige en volledig toegeruste selfsorghuis in Marloth Park en is slegs 15 minute se stap vanaf die Krokodilrivier. Ons het baie interessante wildspesies soos koedoes, sebras, kameelperde, impalas, wildebeeste en vlakvarke wat vry rondloop en op jou stoep beland.

Die huis bied slaapplek vir 'n maksimum van 4 volwassenes en 2 kinders, en het lugversorging in albei kamers. Die eerste slaapkamer bevat 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n driekwart-stapelbed. Alle beddegoed en badhanddoeke word voorsien.

Die sitkamer laat gaste toe om in gemak te ontspan. Daar is 'n TV beskikbaar, maar gaste word versoek om hulle eie dekodeerder saam te bring.

Die volledig toegeruste oopplan-kombuis laat jou toe om heerlike maaltye voor te berei en is toegerus met 'n mikrogolf, yskas en gasstoof.

Verder het die huis 'n lekker groot stoep met 'n braaiplek wat intussen toegemaak is en daar is ook 'n swembadjie om in af te koel.

Slaapplek

'n Bespreking by Butterfly House sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 4 persone
1 x Koningingrootte-bed
1 x Stapelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Waaier

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Butterfly House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R580 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false