LekkeSlaap
Maak jou ervaring
lekke met ons app
KRY APP
+23
Selfsorg in Noordwes

Butterfly River Cottage



10 gaste

2 slaapkamers

8 beddens

4 badkamers

  • 10 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Kopjeskraal Farm, Portion 21, Parys, 9585, Vrystaat Sien kaart

Beskrywing

Butterfly River Cottage is 'n bekoorlike selfsorghuis in Parys wat gemaklike akkommodasie bied, perfek geskik vir 'n gesin of groep vriende.

Die huis bied slaapplek vir tot 10 gaste en bestaan uit 2 slaapkamers en 4 badkamers. Die 2 slaapkamers het elk 'n koningingrootte-bed met 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Bo is 'n tipe solderkamer met 6 enkelbeddens. Die ander 2 badkamers is toegerus met 'n stort, wasbak en toilet. Linne en handdoeke word voorsien.

Die oopplan-kombuis is toegerus vir selfsorg met 'n yskas, stoof, oond, mikrogolfoond, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe. Die sitkamer is gemeubileer met gemaklike sitplek en 'n TV.

Die patio bied asemrowende uitsigte oor die rivier, omring deur die lieflike klanke van die natuur. Dit is ook die ideale plek om 'n oggendkoffie te geniet of buite te eet.


Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
Mooi uitsig
Volledige kombuis
Braai
Badhanddoeke
Beddegoed voorsien
Klerekas
Spieëltafel

Kamer-opset

Slaapplek vir 10 mense 2 Slaapkamers 4 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Leefarea

6

6 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Badkamer

Stort, Toilet met bidet


Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 9 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.1
Veiligheid
4.3
Stephanie B
Saam met vriende
5.0
Asemrowend mooi, hier kan jy afskakel en recharge. Asemrowend mooi. Hier kan sielsrus beleef. Mooiste uitsig op die rivier. Moderne mooi huis. Perfek!
Jul 2026
Christopher L
Saam met lewensmaat
5.0
Absolutely excellent. This river cottage is a hidden gem and can't wait to go back. It's exactly what you need if you would like to esc...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2026
Gerrie C
Besigheidsreis
4.8
Baie lekker. Baie lekker, netjies en mooi. Goeie diens, ligging, en aangenaam. Toegang moet mens deur 4 hekke gaan en as enkelreisiger vir besigheid i...
Sien meer
Mrt 2026
Hendrieka K
Saam met vriende
4.6
Perfek geleë om heeldag op die stoep te sit en vir die rivier te kyk. Die stoep is heerlik, die ligging en rivier is pragtig. Die kamers is gerieflik,...
Sien meer
Okt 2026
Jacques D
Saam met lewensmaat
4.6
Rustige plek vir wegbreek. Besonderse mooi plek waarheen ons weer sal gaan.
Apr 2026

4.5/ 5

Gebaseer op 9 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.1
Veiligheid
4.3
Anonieme gas
Kort verblyf
5.0
Okt 2026

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Stephanie B
Kort verblyf ⋅ Saam met vriende
5.0
Jul 2026

Asemrowend mooi, hier kan jy afskakel en recharge. Asemrowend mooi. Hier kan sielsrus beleef. Mooiste uitsig op die rivier. Moderne mooi huis. Perfek!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Christopher L
Kort verblyf ⋅ Saam met lewensmaat
5.0
Apr 2026

Absolutely excellent. This river cottage is a hidden gem and can't wait to go back. It's exactly what you need if you would like to escape and relax.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Gerrie C
Kort verblyf ⋅ Besigheidsreis
4.8
Mrt 2026

Baie lekker. Baie lekker, netjies en mooi. Goeie diens, ligging, en aangenaam. Toegang moet mens deur 4 hekke gaan en as enkelreisiger vir besigheid is dit 'n groot ongemak om elke keer wat jy wil ry minimum 6 keer in en uit jou voertuig te klim. Verblyf en plek is baie oulik, maar daardie element maak dit ongemaklik en ek sal bv. liewer elders bly volgende keer as daar nie 'n beter oplossing vir dit is nie.

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Hendrieka K
Kort verblyf ⋅ Saam met vriende
4.6
Okt 2026

Perfek geleë om heeldag op die stoep te sit en vir die rivier te kyk. Die stoep is heerlik, die ligging en rivier is pragtig. Die kamers is gerieflik, en die loft is eintlik beter geskik vir kinders. Die tuin met die klippe en blomme was 'n onverwagte bonus. Onthou jou verkyker om al die watervoëls dop te hou. Die afstand van die dorp af vir oulike winkels en restaurante is perfek. Die paaie rondom Parys verg geduld, maar dis nie die gasheer se skuld nie.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Jacques D
Kort verblyf ⋅ Saam met lewensmaat
4.6
Apr 2026

Rustige plek vir wegbreek. Besonderse mooi plek waarheen ons weer sal gaan.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0

Werner O
Kort verblyf ⋅ Gesin met klein kinders
4.4
Jun 2026

Pragtige uitsig, en die mooiste huisie teen die rivier. Baie lekker gebly. Die rivier wat so druis is pragtig. Die uitsig is regtig mooi. Alles is regtig so mooi en die plek het enorme potensiaal. Ek sal wel voorstel dat die skuifdeur voor reggemaak word, die stortkoppe in beide badkamers is regtig gedaan en die stortgedeelte is nie plesierig nie. Nog 'n wenk, skoon, duursame beddegoed sal die plek nog meer ophef. Storte eerste op die lysie. WiFi en 'n TV boksie om DSTV te kan stroom op eie rekening sou help - kon nie die rugby daar kyk nie. Dit is net wenke, ons is baie gelukkig en sal weer kom kuier.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Rudolph E
Kort verblyf ⋅ Saam met vriende
4.4
Mei 2026

The perfect weekend breakaway to unwind. What a stunning location. Beautiful, well-equipped house that forces you to relax next to the calming water.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0

Wikus S
Kort verblyf ⋅ Saam met vriende
2.6
Feb 2026

Aap met n goue ring, bly weg. Ons het ons naweek hier kortgeknip en huis toe gegaan sonder ’n terugbetaling ná die eerste nag. Die een en suite-badkamer ruik soos riool — so erg dat die hele kamer stink. Daar is ’n TV, maar geen WiFi of DStv nie; jy sal jou foon moet hotspot om die TV te gebruik. Daar is geen blindings of gordyne voor die groot folding stacking-deure nie; die son weerkaats oor die rivier en brand jou morsdood. Daar is geen lugversorging nie en dit is onmenslik warm. Ek het myself twee ure lank rondgegooi en voor die waaiers gestaan. Die sonkragstelsel is jou enigste kragbron hier; dit is nie ’n rugsteun nie. Teen 23:00 het ons krag afgesny en ons moes die hele aand luister hoe die inverter aanhoudend piep terwyl ek die slegte reuk moet verdra. Ons kon die aand nie braai nie, want die insekplaag (lyk soos vlieënde miere wat iewers onbeheerd nes maak) dra jou lewendig weg as jy waag om ’n lig aan te sit (of ’n vuur te maak). O, en die hoofdeure sluit nie; die sleutel werk nie, so ons het in die donker, sonder krag, geslaap met deure wat nie sluit nie. Ek het persoonlik die eienaar twee maal geskakel: die eerste keer om die plek te soek — die foon het direk na stempos gegaan en ek moes die webtuiste bel — en ook 20:00 die aand toe die deur nie wou sluit nie; dit het net gelui en niemand het gehelp nie. Die eienaar vra asseblief dat jy nie op sy gras stop nie, onthou dit tog net. Nee, dis ’n gemors, ouens — bly weg. Aap met ’n goue ring, dié.

Netheid
5.0
Diens
1.0
Ligging
5.0
Veiligheid
1.0
Waarde vir geld
1.0
Ronel
Butterfly River Cottage
Beste Wikus, Dankie vir u terugvoer. Ons neem alle resensies ernstig op, maar dit is vir ons belangrik om die feite rakende u verblyf korrek te stel. Geen verrassings nie: Ons adverteer duidelik dat daar geen WiFi of lugversorging beskikbaar is nie, alhoewel daar 'n losstaande lugversorger is. Hitte en glas: Die groot deure waarna u verwys, is toegerus met gespesialiseerde sonwerende glas wat ontwerp is om hitte uit te hou en UV-strale te blokkeer, juis om die uitsig oor die rivier genietbaar te maak sonder die ongemak waarna u verwys. Higiëne en veiligheid: Ons het die eenheid onmiddellik na u vertrek deeglik geïnspekteer. Daar was geen rioolreuk teenwoordig nie en die badkamer is in ’n perfekte toestand. Die slotte is ook getoets en is ten volle funksioneel. Krag en natuur: Ons sonkragstelsel is die hoofbron van krag, nie ’n rugsteun nie, wat ook so gekommunikeer word. Ons ondersoek waarom die omskakelaar sou gepiep het, aangesien die stelsel binne sy kapasiteit gebruik moet word. Wat die insekte betref: dit is ’n natuurlike rivieromgewing en buite ons beheer. Dit spyt ons dat ons "off-grid" konsep nie by u verwagtinge gepas het nie, maar ons is vol vertroue in die kwaliteit van ons fasiliteite. Vriendelike groete, Die bestuur


Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Ronel Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 9

Op LekkeSlaap 1 jaar

Meeste gashere antwoord binne 4 ure

Ligging

Gaste dink Butterfly River Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien

© LocationIQ Maps, OpenStreetMap Contributors


Tariewe en beskikbaarheid


Wat jy moet weet

Inklok Tussen 14:00 en 19:00
Uitklok Voor 10:00
Tariewe word op 'n selfsorgbasis vertoon.
Meer as 1 maand voor die inkloktyd 100%van die deposito word terugbetaal
Meer as 1 week voor die inkloktyd 50%van die deposito word terugbetaal
Minder as 1 week voor die inkloktyd 0%van die deposito word terugbetaal

Vanaf
R6 600
per nag, vir 10 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R6 600
per nag, vir 10 mense
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R6 600
per nag, vir 10 mense
Bespreek

Kopjeskraal Farm, Portion 21, Parys, 9585, Vrystaat

Sien kaart
  • 10 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
https://properties.cdn.tripco.co.za/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA7cba8e0e78f087584058da394a5028cb52e7f8d8a407e13786acef51388de7ea7957fd0e3b079443d788dac05abd053c5a81?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R6 600 per nag, vir 10 mense 9 5 1 5 Kopjeskraal Farm Portion 21 9585 Vrystaat 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -26.903762661251 27.390003519732
Soek in 'n groter streek