By Die See

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

By die See bied gehalteverblyf in Gordonsbaai en is ideaal vir 'n klein gesin of 'n groep vriende. Die woonstel is naby verskeie winkels, restaurante en die strand geleë.

Hierdie aparte eenheid is op dieselfde perseel as die eienaar se huis geleë, maar dit is heeltemal privaat. Op die grondverdieping is daar 'n oopplan-leefarea met gemaklike rusbanke en 'n TV met DStv. Daar is ook 'n volledig toegeruste kombuis met alles wat jy benodig vir selfsorg en 'n eetkamertafel met stoele.

Op die eerste verdieping is daar 2 slaapkamers en 1 badkamer. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n skuifdeur wat na 'n balkon lei met pragtige uitsigte lei. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die gedeelde badkamer het 'n stort-oor-bad, toilet en wasbak. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.

'n Skoonmaakdiens is nie ingesluit nie.

Slaapplek

'n Bespreking by By Die See sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort
  •  Seep

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek

Hier praat ons

  •  Afrikaans

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na By Die See gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 100 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za