Tulbagh Akkommodasie by By Oude Tol Farm | LekkeSlaap
+24

By Oude Tol Farm

  • Kapasiteit: 15 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R46, Oude Tol Plaas, Tulbagh, 6820, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R800 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

By Oude Tol Farm is op 'n bees- en skaapplaas in die Nuwekloofpas op pad na Tulbagh geleë. Dié plaas strek van die bergtop af tot by die Kleinbergrivier, die historiese tolpad tot by die treinspoor waarop die Shosholoza Meyl loop.

By Oude Tol Farm het 2 selfsorg-eenhede, Eike Droom en Bougain Villa. Gaste kan lekker gaan stap op die plaas en die melkery en die skape besoek.

Eike Droom het slaapplek vir 7 mense in 4 slaapkamers en daar is 2 badkamers. Die huis staan teen die berg. Daar is 'n heining, 'n groot eikeboom, en 'n boomhuis en sandput vir die jongspan. Ons voorsien vuurmaakhout en 'n braaiplek is beskikbaar.

Bougain Villa bestaan uit twee woonstelle: Bougain Villa Green en Bougain Villa Red. Daar is slaapplek vir 8 mense altesaam. Eersgenoemde het 'n ruim slaapkamer met 1 dubbelbed of 2 enkelbeddens, 'n volledige badkamer en 'n woonkamer met nog 'n bed. Die kombuisie is volledig toegerus met kookgerei, eetgerei en breekware en 'n eettafel met stoele.

Bougain Villa Red het slaapplek vir 4 gaste in 2 slaapkamers en daar is 'n badkamer met 'n stort en 'n bad. Verder is daar 'n oopplan-kombuis, en 'n eet- en leefarea met 'n kaggel en TV. 'n Glasdeur lei na die houtdek voor die huis.

Tulbagh is net 120 km van Kaapstad af. Een van Suid-Afrika se mooiste valleie is hier geleë en puik wyn, olywe en vrugte word in die omgewing verbou.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Wynproe
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Frans
  • Duits

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 18 resensies vir By Oude Tol Farm
Netheid
4.7/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • R46, Oude Tol Plaas, Tulbagh, 6820, Wes-Kaap
  • Gaste dink By Oude Tol Farm het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Tulbagh Boland Wes-Kaap
Vanaf R800
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R800
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 15 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R46, Oude Tol Plaas, Tulbagh, 6820, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGQwZmJlNmIwLTRlYjItNDM4NS1hZmUxLTM3NjBjYjdiNWU5YQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R800  per nag (vir 2 persone) 18 5 1 5 R46 Oude Tol Farm 6820 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.314457 19.090899
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za