C-Breeze

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

C-Breeze is 'n gewilde gesinshuis wat 'n skamele 30 m van die strand in Paternoster af geleë is. Paternoster is 'n skilderagtige vissersdorpie aan die Weskus van Suid-Afrika.

Die huis bestaan uit 3 slaapkamers, 3 badkamers waarvan 2 en suite-badkamers is. Daar is 'n volledig toegeruste kombuis, 'n oopplan-leefarea met 'n kaggel, 'n beskutte binnehof met hangmatte en sitplek, en 'n gesellige braaiplek buite.

Paternoster is sowat 150 km noord van Kaapstad op die R27 en 15 km noordwes van Vredenburg. Dis 'n gewilde naweekbestemming. Die Weskus is bekend vir sy groot verskeidenheid inheemse plantspesies en lok veldblom-entoesiaste van regoor die wêreld.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Kaggel
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  Gedeelde DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na C-Breeze gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 200 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za