C-View Holiday Apartment
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Beach Road, Golf Beach Greenways Golf Estate, Strand, 7139, Wes-Kaap
- Vanaf R1 850 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
C-View Holiday Apartment is 'n lieflike selfsorgvakansiewoonstel op die Golf Beach Greenways Golf Estate in die hartjie van Strand. Dit is 'n wonderlike opsie vir 'n kuswegbreek aangesien hierdie kompleks net 200 m van die strand af is.
Dié woonstel bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort-oor-bad. Die ander 2 slaapkamers het albei 2 enkelbeddens en gaste deel die tweede badkamer wat 'n stort het.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, lugbraaier, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en 'n toonbank met stoele toegerus is. 'n Skottelgoedwasser en wasmasjien is ook beskikbaar. Die kombuis lei na 'n etenstafel waar gaste hul maaltye saam kan geniet. Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n TV met DStv. Gratis WiFi is beskikbaar.
Langs die woonstel is daar 'n gedeelde, omheinde swembad, 'n kinderspeelgrond en braaigeriewe vir die hele gesin om te geniet. Daar is ook 'n 9 putjie-gholfbaan, staproetes, tennisbane, 2 gemeenskaplike swembaddens en 'n klubhuis op die landgoed se perseel.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort-oor-bad, Bad, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- Beach Road, Golf Beach Greenways Golf Estate, Strand, 7139, Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Beach Road, Golf Beach Greenways Golf Estate, Strand, 7139, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang