Stormsrivier Akkommodasie by Cadeau Hiking and Accommodation | LekkeSlaap
+45
+45

Cadeau Hiking and Accommodation

3 resensies
Tentekamp
  • Vanaf R280 per nag (vir 2 persone)
  • Kapasiteit: 40 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Deel 6 van plaas 569, Humansdorp, 6304, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Cadeau Hiking and Accommodation is in 'n afgeleë deel in die natuur geleë waar gaste kan ontspan langs die oostelike gedeelte van die Tsitsikamma Nasionale Park.

Dit beskik oor 5 permanente koepeltente onder nuut geboude skuilings. Drie tente het dubbelbeddens in en die ander een het 2 enkelbeddens. Die beddens in die tente het beddegoed en linne wat elke 5 dae vervang word vir gaste wat langer vertoef. Die tente het 'n lig binne en een onderdak.

Daar kan plek gemaak word vir 'n derde persoon of kinders, maar dit sal wel die tent meer beknop maak.

Minimum verblyftyd van 2 nagte.

Daar is ook 5 kampeerplekke vir diegene wat hul eie kampeertoerusting wil saambring. 'n Maksimum van 6 gaste kan per staanplek bly.

Daar is ablusieblokke naby die tente en dit het aparte badkamers vir mans en vrouens met 3 warm storte en 2 toilette in elke badkamer.

Daar is ook 'n ontspanningsaal met elektrisiteit wat gaste kan benut. Die saal het 'n ten volle toegeruste kombuis met 'n yskas, vrieskas en selfsorgtoerusting.

Daar is 2 braaiplekke beskikbaar in die saal en buite is daar ook nog braaigeriewe wat almal kan benut.

In die solder-area van die ontspanningssaal is daar 2 stapelbeddens, ideaal vir rugsakreisigers.

Twee buitetoilette is by die saal beskikbaar.

Toestemming sal gegun word aan gaste wat die voetslaanroetes teen die kus wil aandurf op eie risiko. 'n Pragtige uitkykpunt is 3 km ver. Maklike stap- en fietsroetes is ook beskikbaar.

Die kamp is langsaan die Tsitsikamma Nasionale Park geleë met beperkte see-uitsigte. Vanaf Cadeau is daar 2-dag begeleide voetslaanroetes beskikbaar op versoek en beskikbaarheid is onderhewig aan die weer.

Daar is ook 2 bergroetes op die perseel vir gaste wat wil gaan fietsry.

Albei roetes is onderhewig aan die ondertekening van vrywaringsdokumente en albei aktiwiteite is ook onderhewig aan die permitte wat deur die Caudeau-bestuur uitgereik word.

Vir die wat net stilte in die natuur soek is Cadeau die plek.

Neem asb. kennis dat daar 'n 8 km lange grondpad op pad na die verblyf is.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes

Aktiwiteite Naby

  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Aandete Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Televisie
  • Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 3 resensies vir Cadeau Hiking and Accommodation
Netheid
4.3/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Deel 6 van plaas 569, Humansdorp, 6304, Oos-Kaap
  • Gaste dink Cadeau Hiking and Accommodation het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R280
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R280
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R280
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 40 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Deel 6 van plaas 569, Humansdorp, 6304, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAKXBZC3qeZsAXL9KZI3y9QR8qKcAmEbjzLULyRWCUN0Pb0qkQG2?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R280  per nag (vir 2 persone) 3 5 1 5 Portion 6 of Farm 569 Humansdorp 6304 Oos-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.041822565925 24.100281841365
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za