Caelis Place

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Caelis Place is 'n selfsorghuis, wat op 'n 110 hektaar-eiendom in 'n Privaat Natuurreservaat teen die see geleë is. Die enigste liggies wat jy saans sal sien is Seal Island, die Solar-vuurtoring en die sterre wees. Dit is ideaal vir gaste met 'n waardering vir die natuurskoon, afsondering en 'n eenvoudige leefstyl wat wil wegbreek van die stad.

Hierdie huis bied verblyf vir 11 gaste en het 4 slaapkamers. Die eerste slaapkamer (ideaal vir 'n gesin of kinders) het 'n tripelstapelbed, 2 enkelbeddens en toegang tot 'n badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en gaste het toegang tot 'n tweede badkamer met 'n bad, toilet en wasbak. Daar is ook 2 addisionele kamers wat elkeen oor 'n koningingrootte-bed beskik en 'n klein en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak.

Die kombuis is besonders goed toegerus met 'n groot yskas en vrieskas, verskeie werkoppervlaktes, 'n eetkamertafel met sitplek vir 6, 'n vierplaatgasstoof, 'n klein oondjie, tweeplaatgasstoof (gietyster), hoëdruk-wokstoof. Daar is ook 'n vuurmaakplek vir braai en om gaste warm te hou in die winter. Die leefkamer bevat ook 'n kaggel, 'n eetkamertafel met sitplek vir 10, 2 groot rusbanke, 'n boekrak met speletjies, boeke en 'n kas in die hoek vir glase.

Daar is verskeie wildsoorte in die area, onder meer die klein grysmuishond, fisante, kommetjiegatmuishond, rooi duiker, slange, silwerjakkals, rooikat, en groototter. Doendinge in die area sluit swem, visvang, wynproe, perdry en voëlkyk in.

Slaapplek

'n Bespreking by Caelis Place sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 5 persone
5 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Caelis Place gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 575 per nag (plek vir 11)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za