Cala Mondrago

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Cala Mondrago, 'n selfsorg-gesinshuis net 'n paar tree vanaf die strand. Dis venoem na die ongerepte strand aan die eiland van Majorca. Die eienaars het die wêreld met hulle seiljag verken, maar tog uiteindelik op Paternoster besluit as hulle droombestemming.

Daar is 4 slaapkamers, 4 badkamers, waarvan 2 slaapkamers en suite-badkamers het. Dit het 'n oopplan-leefarea met 2 kuierplekke buite en ingeboude braaiplekke, afhangende van waar die wind vandaan kom. Kinders kan in die swembad speel terwyl volwassenes braai op die stoep.

Elke slaapkamer is ruim en het koningingrootte-bed. Twee slaapkamers het en suite-badkamers. Die een en suite-badkamer het 'n stort, bad en toilet en die ander en suite-badkamer het 'n stort en toilet. Daar is twee ekstra gastebadkamers, een met 'n bad en toilet, een met stort en toilet.

Daar is 'n etenstafel met sitplek vir 8 mense, die kombuis is volledig toegerus met 'n yskas, mikrogolf, skottelgoedwasser en oond. Dink net aan al daardie kuieraande om die etensafel of kaggel.

Die huis het die volgende geriewe: 'n swembad, braaiplek, satelliet-TV, selfsorgfasiliteite, gratis WiFi én dis troeteldiervriendelik.

Slaapplek

'n Bespreking by Cala Mondrago sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Reisigerstjeks
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Op Die Straat

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Cala Mondrago gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 000 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za