Calamari 10

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Calamari 10 is 'n vakansiewoonstel teen die strand in Ramsgate. Dit bied ongelooflike uitsigte oor die branders en die see. Dit is net 30 m van die veranda na die strand.

Die woonstel het 2 verdiepings en bied slaapplek vir 6 gaste. Daar is 2 slaapkamers bo, elkeen met 'n koningingrootte-bed. Op die onderste vloer is daar nog 'n slaaparea met 2 enkelbeddens langs die sitarea. Die kamers en die sitarea het elkeen lieflike see-uitsigte en plafonwaaiers. Die woonstel beskik oor 2 badkamers en 'n gaste-toilet. Die een badkamer is en suite en het 'n bad en die ander badkamer het 'n stort.

Die oopplan-kombuis is volledig toegerus en het 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond en 'n skottelgoedwasser. Die sitkamer het 'n TV DStv en 'n DVD-speler. Skuifdeure lei van die sitkamer na die veranda met braaigeriewe. Daar is ook 'n groot grasperk waarop kinders kan speel.

'n Enkelmotorhuis word voorsien en die eenheid beskik oor 'n alarmstelsel en 'n kluisie vir jou waardevolle besittings.

Die woonstel word nie skoongemaak nie, maar dit kan gereël word teen 'n addisionele fooi. Linne en handdoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie strandhanddoeke bring. 'n Wasmasjien is beskikbaar.

Die woonstel is stapafstand vanaf Ramsgate en Margate se Blouvlagstrande waar geswem kan word, asook vanaf die Waffle House en Blue Lagoon Restaurant. La Capannina is slegs 200 m weg.

Slaapplek

'n Bespreking by Calamari 10 sluit in:

Area 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Swem

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Calamari 10 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R900 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za