Calamari 11
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Calamari 11, Ramsgate, 4285, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 100 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Calamari 11 is 'n seekant-vakansiewoonstel in 'n pragtige deel van Ramsgate Beach. Die woonstel se ligging is uitmuntend - branders wat breek en see-uitsigte, en jy kan direk van jou stoep af 30 m na die strand toe stap. Die woonstel is privaat en weggesteek. Maak die deure oop en voel die seesand tussen jou tone terwyl jy kyk hoe die branders teen die rotse breek.
Dié tweeverdieping-woonstel bestaan uit 3 slaapkamers, 2 kamers met koningingrootte-beddens en 1 kamer met 2 enkelbeddens. Al die kamers het plafonwaaiers en bied pragtige uitsigte. Die woonstel het ook 2 badkamers, een met 'n bad en die ander met 'n stort. Daar is ook 'n aparte toilet.
Die oopplan-kombuis is ten volle toegerus en het 'n skottelgoedwasser en wasmasjien. Die sitkamer het 'n DVD-speler en DStv - jy hoef nie jou eie dekodeerder te bring nie. Die sitkamer en eetkamer het plafonwaaiers. Die sitkamer se glasdeure lei na die stoep met 'n braaiplek en 'n groot grasperk waar kinders kan speel.
Daar is 'n motorhuis vir 1 voertuig en die eenheid het 'n alarmstelsel en 'n kluisie vir besittings.
'n Skoonmaakdiens kan teen 'n ekstra fooi gereël word. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar bring asb. jou eie strandhanddoeke saam.
Die woonstel is stapafstand vanaf Ramsgate en Margate se Blouvlagstrande en net 200 m van La Capannina en Just So Chinese af. Die Waffle House en Blue Lagoon Restaurant is ook net 3 minute se ry ver.
Slaapplek
’n Bespreking by Calamari 11 sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Zoeloe
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Calamari 11, Ramsgate, 4285, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Calamari 11 het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Lawrence Rocks Margate Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Calamari 11, Ramsgate, 4285, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom