Lawrence Rocks Akkommodasie by Calamari 9 | LekkeSlaap
+25
+25

Calamari 9

  • Vanaf R1 000 per nag (plek vir 6)
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Ray-straat , Calamari Eenheid 9, Ramsgate, 4285, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Calamari 9 is 'n selfsorgwoonstel teen die see op 'n pragtige stukkie van Ramsgate se Noordstrand. Dié vakansiewoonstel spog met 'n pragtige uitsig oor die strand en die see. Gaste kan direk van die veranda af na die strand stap, dis net 30 m ver.

Calamari 9 is 'n duplekswoonstel met slaapplek vir 6 gaste in 2 slaapkamers bo. Altwee slaapkamers het koningingrootte-beddens en daar is nog 'n slaaparea langs die sitarea onder met 'n enkelbed en 'n uittrek-bed. Altwee kamers en die sitarea het asemrowende see-uitsigte. Die hoofslaapkamer en die sitarea het lugversorging en daar is 'n plafonwaaier in die tweede slaapkamer. Een van die badkamers is en suite en het 'n bad en dei ander badkamer het 'n stort. Daar is ook 'n aparte gaste-toilet.

Die oopplan-kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg en beskik oor 'n skottelgoedwasser, wasmasjien, stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n ontbyttoonbank met stoele. Die eetarea het gerieflike sitplek vir 6 gaste en die sitkamer het 'n sitkamerstel en 'n platskerm-TV met premium Explora DStv en 'n DVD-speler.

Die sitkamer lei na 'n lieflike patio met braaigeriewe en 'n groot grasperk waarop die kinders kan speel. Daar is 'n enkelmotorhuis en die eenheid het 'n alarm en 'n kluis.

Die eenheid word nie skoongemaak nie, maar kan gereël word teen 'n ekstra fooi en handdoeke en linne word voorsien. Onthou asb. om jou eie strandhanddoeke saam te bring.

Die kompleks is loopafstand vanaf Ramsgate en Margate se Blouvlagstrande, Waffle House, en Blue Lagoon Restaurant. Vir diegene wat verkies om te ry sal dit net so 3 minute neem. La Capannina Restaurant en Just So restaurant is ook net 'n klein entjie se stap, 200 m, van hier af.

Slaapplek

’n Bespreking by Calamari 9 sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Area 1
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Fietsry
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 32 resensies vir Calamari 9
Netheid
4.9/5
Diens
4.8/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Ray-straat , Calamari Eenheid 9, Ramsgate, 4285, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Calamari 9 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Ray-straat , Calamari Eenheid 9, Ramsgate, 4285, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGY5Y2UxZTc1LTk5ZWYtNDRjNy04ODY2LWUyNjY5NTcwZWI1OA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 000  per nag (plek vir 6) 32 5 1 5 Ray Road Calamari Unit 9 4285 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-23:00 09:00 -30.874566416747 30.362365990877
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za