Natalse Middellande Akkommodasie by Calderwood Hall Guest House | LekkeSlaap
+21

Calderwood Hall Guest House

3 resensies
Gastehuis
  • Kapasiteit: 80 persone
  • Inkloktyd: 11:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Boston Pad (R617), Boston, 3201, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R986 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Kom herlaai jou batterye by Calderwood Hall Guest House waar die rustige atmosfeer aan die voorheuwels van die Suidelike Drakensberge in KwaZulu-Natal jou omtrent van jou stres sal verlos.

Ons verblyf is deur die AA as hoogs aanbeveel gegradeer. Die Manor House het 5 ruim, luukse en suite-kamers wat elkeen 'n unieke tema en karakter het. Daar is die Victorian-suite, die Chinese-suite, Egyptian-suite, Indian-suite en die Bridal-suite (perfek vir 'n romantiese wegbreek). Die voorkamer is smaakvol ingerig sodat gaste sommer met die intrapslag ontspanne voel. Daar heers 'n rustige atmosfeer en 'n knetterende kaggelvuur in die winter. Elke maaltyd voel soos 'n aangeleentheid wanneer dit in die Calderwood Hall-eetkamer bedien word. Hierdie ruim, elegante vertrek het vyf meter hoë sierplafonne, 'n ingeboude kombuiskas, groot kaggel, lieflike muurskildery, geelhoutvloere en groot skuifraamvensters wat uitsigte oor die tuine bied.

Die gastehuis word omring deur pragtige tuine met 'n gazebo en sierfonteintjie, damme en woude. Verder is daar nog 32 en suite-tuinkamers in die tuin geleë. Hierdie eenhede mag meer geskik wees vir groot groepe of familie-wegbreke, aangesien dit 'n bietjie verder van die herehuis af geleë is.

Die Jardine Function Centre is ontwerp as 'n trou- en konferensie-venue. Daar is gerieflike sitplek vir tot 250 gaste en tog is daar steeds plek vir 'n dansvloer ook. Die skuifraamvensters, mure wat smaakvol versier is, Victoriaanse kaggel en die 3 groot kandelare dra by tot die vertrek se atmosfeer. Daar is 2 groot stapeldeure wat agter na 'n paadjie langs die koi-dammetjie lai. Daar is nog stapeldeure wat lei na 'n groot dek-area wat oor die pragtige berge en omliggende woude uitkyk. Dit is ideaal vir spesiale geleenthede met sy groot gedrapeerde funksiekamer met kandelare en grasdak-kapel met gebrandskilderde glas.

The Pavillion is in die voortuin tussen die bome wat oor die dam uitkyk, geleë en tog word die uitsig oor die lieflike herehuis nie belemmer nie. Dit het 'n groot dek-area, vuurpit en lieflike braaigeriewe. Die groot skuifdeure gee aan die vertrek 'n binne- en buitegevoel. Dit is perfek vir 'n konferensie met sitplek vir 80 mense om ronde tafels, 50 in 'n skoolkamer-opset en 100 in 'n amfiteater-opset. Dit is ideaal om gaste te vermaak tydens mengeldrankie-uur indien die weer nie ideaal is nie, of as 'n ontspanne sitkamerarea vir 'n blaaskans.

Calderwood Hall Guest House is ideaal vir strategiese bosberade, spanbousessies, funksies en konferensies. Die venue het lugversorging vir ekstra gerief.

Gaste kan uitsien na smaakvolle kos wat pragtig voorgesit word in 'n stil omgewing met puik diens.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Kroeg
  • Swembad
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Rolstoelvriendelik
  • Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Dataprojektor
  • Witborde
  • Televisie
  • Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 3 resensies vir Calderwood Hall Guest House
Netheid
4.7/5
Diens
3.7/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.3/5

Ligging

  • Boston Pad (R617), Boston, 3201, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Calderwood Hall Guest House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R986
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R986
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 80 persone
  • Inkloktyd: 11:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Boston Pad (R617), Boston, 3201, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGFkZGZkNjkwLTNmOWEtNGE1My1hZmM5LTY0YWQxN2RkODk0ZQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R986  per nag (vir 2 persone) 3 5 1 5 Boston Road (R617) Boston 3201 KwaZulu-Natal 086 999 0018 11:00-19:00 10:00 -29.6831895 30.0328772
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za