Calitzdorp Country House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Calitzdorp Country House is bekend vir rustigheid, bederfde luuksheid en fynproewersmaaltye.

Minder as 4 ure van Kaapstad op Roete 62, "die langste wynroete in die wêreld", lê Catlitzdorp - die portwyn kapitaal van Suid-Afrika. Omring deur die wingerde en met uitsigte oor die dorp, is dié manjifieke 4-ster- Calitzdorp Country House.

Dié huis is pragtig ingerig met oorspronklike kunswerke en antieke meubels bied ongelooflike uitsigte oor die vallei se wingerde en die majestueuse Swartberge. Ons luukse verblyf sluit 5 lugversorgde kamers met koninggrootte-beddens, TV met satelliet-kanale, en suite-badkamers en 'n privaat patio in. Die badkamers is versier met Italiaanse teëls en toegerus met 'n groot stort, 2 wasbakke en oorgrootte-hoekbaddens. Kraakvars linne, sagte handdoeke, gehalte-haardroërs en donsige japonne dra alles by tot jou bederf. Ná 'n asemrowende Klein Karoo-sonsondergang, kan jy aansit vir een van ons fynproewersmaaltye in die restaurant en die aand afsluit met Calitzdorp se beste portwyne.

Calitzdorp is die ideale basis om die Klein Karoo te verken. Ry vir middagete met die manjifieke Swartbergpas tot in die dorpie, Prins Albert en weer terug deur die ongelooflike Meiringspoortpas, waar die rivier vir 10 km langs die pad verbyvloei, omring deur die toringryke kranse van verwronge en misvormige rotsformasies. Besoek die volstruisplase en bekende Kangogrotte in Oudtshoorn of neem foto's van die ongelooflike Redstone-heuwels.

Vir energieke gaste is daar in die dorp bergfietse te huur. Daar is ook verskeie 4x4- en staproetes van verskillende lengtes en moeilikheidsgrade hier te vinde.

Ons bied gratis WiFi, parkeerplekke en 'n lieflike tuin met 'n dam en buite swembad. Doen ook gerus navraag oor die doendinge op die perseel en omliggende omgewing, waaronder fietsry, perdry en staproetes.

Andrew en Nell Rogers sien uit daarna om jou verblyf so ontspanne en gemaklik moontlik te maak en dit 'n onvergeetlike vakansie te maak.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Forex
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  24-uur Ontvangs
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Portier
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Wynkelder
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Calitzdorp Country House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 520 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za