Calmness Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Calmness Cottage bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n drieslaapkamerhuis in Sandbaai, 2,2 km van Sandbaai se strand en 250 m van die kranspaadjie af. Die huis is in 'n singel met 'n uitsig oor 'n natuurlike fynbospark geleë.

Dié lugtige oopplan-huis beskik oor 3 slaapkamers. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede en derde slaapkamer het elk 'n dubbelbed en gebruik 'n gedeelde badkamer met 'n bad en 'n stort. Daar is ook 'n gastetoilet. Buiten die 3 slaapkamers is daar 'n hoekie met 'n dagbed vir kinders wat teen ekstra koste vooraf gereël kan word.

Die oopplan-kombuis het 'n toonbank, 'n opwasarea en is toegerus met 'n yskas, oond, stoof en 'n mikrogolf. Die knus oopplan-sitarea het 'n kaggel. Die voorstoep bied 'n uitsig oor die fynbosarea en die agterstoep oor die agtertuin. Daar is veilige parkeerplek en gratis WiFi.

Slaapplek

'n Bespreking by Calmness Cottage sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Calmness Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 500 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false