Camdeboo Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Camdeboo Lodge bied B&B-verblyf aan die buitewyke van Hilton langs die Hilton-college met asemrowende uitsigte oor die Middellande en op die Drakensberge.

Camdeboo Lodge bied gerieflike verblyf in 4 plaashuisstyl-eenhede met privaat verandas en WiFi-toegang. Elke groot kamer het 2 enkelbeddens of 'n koninggrootte-bed en daar is plek vir nog 'n bed, indien nodig. Verder is daar ook gemaklike banke of stoele en koffie- en teemaakgeriewe. Die kamers word met 'n groot onderdakstoep van die hooflodge geskei wat gaste gerus kan benut om die pragtige sonsondergang te bewonder, skemerkelkies te drink, of te braai.

Camdeboo Lodge het 'n eetkamer en sitkamer met DStv en 'n eerlikheidskroegie. 'n Volledige Engelse ontbyt word hoer bedien en 'n ligte aandete kan op versoek bedien word. Braaigeriewe is op die veranda beskikbaar wat gaste gerus kan gebruik (mits die weer dit toelaat). Eetgerei en breekware kan voorsien word teen 'n nominale skoonmaakfooi.

Camdeboo Lodge is gerieflik geleë net 8 km vanaf Hilton Village, waar 'n groot verskeidenheid winkels insluitend boekwinkels, antiekware, klerewinkels, koffiewinkels en restaurante besoek kan word. Die lodge is ook tussen Midmardam en Albert Falls-dam, waar jaarlikse sportbyeenkomstes plaasvind. Verder kan dit ook vir 'n trougevolg bespreek word aangesien daar oorgenoeg plek is om vir 'n troue voor te berei.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Camdeboo Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R880 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za