Camps Bay Beach Apartment

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Camps Bay Beach Apartment is 'n onlangs opgeknapte tweeslaapkamerwoonstel wat slegs 'n blok vanaf Kampsbaai se strand geleë is. Gaste kan binne minute op die strand of by winkels en restaurante wees.

Daar is 'n gang wat uit die leefarea na die 2 slaapkamers lei. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Hierdie slaapkamer beskik ook oor 'n groot waaier en lei na 'n patio. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n privaat toilet en wasbak. Altwee kamers deel die gebruik van 'n badkamer net 'n bad, toilet en 'n wasbak. Al die slaapkamervensters het blindings.

Die leefarea is oopplan met 'n toegeruste kombuis en 'n smaakvol gemeubileerde eet- en sitarea. Die moderne kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, 'n mikrogolfoond, 'n stoof, 'n oond, eetgerei en breekware. Daar is 'n TV met DStv in die sitkamer en onbeperkte WiFi in die woonstel. Die sitkamer lei na die patio met sitplek en 'n Weber-braai. Hier het gaste 'n uitsig oor Kampsbaai se sportklub en ook 'n ononderbroke uitsig oor die strand en see.

Die eiendom is veilig met 'n alarm en gewapende reaksie. Daar is ook 'n motorhuis vir 1 voertuig.

Hierdie woonstel is gerieflik geleë en net 25 min vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe. Kampsbaai is nie net sentraal geleë nie, maar is ook 'n idilliese samesmelting van strand en berg. Dit is ook naby die woelige en historiese Kaapse middestad en V&A Waterfront geleë. Hierdie woonstel is op die MiCiti- en die Hop-on-Hop-off CitySightSeeing-busroetes geleë.

Slaapplek

'n Bespreking by Camps Bay Beach Apartment sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Camps Bay Beach Apartment gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 800 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false