Canyon Village
Kry 15% af. Geldig vir verblyf vanaf 6 Feb 2024 tot 30 Jun 2024.
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 84 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Canyon Village, Visriviercanyon, Keetmanshoop, 0000, Karas
-
Vanaf
R3 990R3 392 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Canyon Village is aan die voet van die rotse in Gondwana Canyon Park, 27 km vanaf die Visriviercanyon in Namibië. Canyon Village is bekend vir sy kokerbome, Nama-kultuur, ongekunstelde landskap en klip- en grasdak-chalets wat in 'n perdeskoen-formasie rondom dié kokerbome gebied word.
Gerieflike B&B-verblyf word in 42 chalets gebied. Elke oopplan-chalet het 'n en suite-badkamer met 'n stort, lugversorging en tee- en koffiemaakgeriewe. Gaste het toegang tot gratis WiFi. Elke chalet het 'n klein stoep waar gaste kan ontspan.
Die grasdak-area in die middel dien as 'n restaurant, kroeg, sitarea en 'n ontvangsarea. 'n Donkiekar neem gaste se bagasie na hul eenhede. Die geskiedenis van Namibië se suide word kleurvol op die restaurant en ontvangsarea se mure uitgebeeld. Daar is 'n antieke ossewa in die buffet-area en 'n ou perdekar in die gesellige kroeg.
Canyon Village bied begeleide ry- en staptoere in Gondwana Canyon Park en 'n swembad. Dié uitstappies kan teen 'n ekstra koste by ontvangs bespreek word. Gaste kan hul dag by die 'plaaslike' berg afsluit en 'n skemerkelkie geniet terwyl die son sak.
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Swembad
- Geen Rook Binnenshuis
- Restaurant op Perseel
- Persoonlike Kluis
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Begeleide Wandelpaaie
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.6/5
Stephanie Geverifieer
Eiendomme 42
Resensies 77
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Canyon Village, Visriviercanyon, Keetmanshoop, 0000, Karas
- Gaste dink Canyon Village het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 84 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Canyon Village, Visriviercanyon, Keetmanshoop, 0000, Karas