Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Cap d'Azur Apartment

Langtermynverblyf-aanbod 35% af

Kry 35% af vir verblyf wat 30 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kusweg 144, Strand, 7139, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 150 R1 398 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Cap d'Azur Apartment is 'n ruim selfsorgwoonstel met 'n see-uitsig in Strand. Die woonstel kan maksimum 6 gaste akkommodeer.

Tydens beurtkrag is daar 'n rugsteunkragstelsel wat die WiFi, TV en 'n staanlig aandryf. Die stelsel bestaan uit 'n omsetter en 720W-battery.

Die woonstel is op die sesde verdieping en toegang word verkry via 'n hysbak (wat tydens beurtkrag steeds werk). Die woonstel beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis, eetarea en leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens en deel gebruik van 'n badkamer met 'n stort en bad. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring.

Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n stoof en oond, 'n mikrogolf, yskas, eetgerei, breekware, potte en panne, 'n skottelgoedwasser en tee- en koffiemaakgeriewe. Daar is ook 'n ontbyttoonbank en etenstafel waar gaste maaltye kan nuttig.

Die leefarea het 'n TV met toegang tot Netflix en DStv. Onbeperkte WiFi is beskikbaar. Dit lei na 'n balkon met 'n uitsig oor die see.

Die kompleks het 'n gemeenskaplike swembad en braaigeriewe sowel as wasgoedgeriewe. Veilige parkeerplek is beskikbaar en daar is 24 uur-sekuriteit. Vellige parkeerplek vir sleepwaens is beskikbaar.

Cap d'Azur is 50 m vanaf die strand wat ideaal is vir branderplankry, visvang, swem, sonsondergang-bootvaarte en walviskyk tydens die seisoen. Daar is ook voetslaan-, stap- en fietsryroetes in die omgewing en talle restaurante en koffiewinkels in die Strand.
Gaste kan ook die besienswaardighede in die nabyheid besoek wat die gholfbaan, Strand Waterworld en 'n putt-putt baan insluit, of die Helderberg Wynroetes gaan verken.

Slaapplek

’n Bespreking by Cap d'Azur Apartment sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort
  • Seep

Eenheidgeriewe

  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 20 resensies vir Cap d'Azur Apartment
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.9/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Lillibé Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 20

Jaar gelys 2

Ligging

  • Kusweg 144, Strand, 7139, Wes-Kaap
  • Gaste dink Cap d'Azur Apartment het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Strand Kaapstad Wes-Kaap
Vanaf R2 150
R2 150 R1 398
per nag (plek vir 6)
Vanaf R2 150
R2 150 R1 398
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kusweg 144, Strand, 7139, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAa57e0baacbf9237a13941344e147cc0b66fb6c082402843b2bfeab78e21385ead90cbb77ced3e0a39c2fe165bb7d968d4164?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R2 150 nouVanaf R1 398 per nag (plek vir 6) 20 5 1 5 144 Beach Road Strand 7139 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.111043120741 18.821988079762
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem