Cintsa Akkommodasie by Cape Cod Accommodation | LekkeSlaap
+21
+21

Cape Cod Accommodation

  • Vanaf R1 000 per nag (vir 2 persone)
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Amatola Coastal, Cintsa-Oos, 5275, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Cape Cod Accommodation is in die ouwêreldse kusdorpie Cintsa-Oos, net 45 km noordoos vanaf Oos-Londen, geleë. Die skoonheid van die omgewing is die rede waarom soveel besoekers hierdie rustige plekkie uitsoek. Dit het sy naam te danke aan die rivier waarlangs dit geleë is, en beteken "wegkalwerende oewers" in Xhosa.

Verblyf word in die hoofhuis en die kothuis gebied. Die hoofhuis het 3 slaapkamers met dubbelbeddens en 1 en suite-badkamer. Die ander kamers deel 2 badkamers. Daar is ook 'n kamertjie met 'n enkelbed wat vir middagslapies ingespan kan word. Die huis spog met 'n ruim sitarea met 'n TV en eetkamer wat aaneenskakel met die ruskamer. Daar is 'n volledig toegeruste kombuis met 'n ontbythoekie. Die huis bied lieflike uitsigte oor die see vanaf die hoofslaapkamer, sitkamer en dekarea met 'n Weber-braai.

Die luukse kothuis kan saam met die hoofhuis, of as 'n aparte eenheid bespreek word, en is ideaal vir lang gesinsvakansies. Daar is 'n lieflike sitkamer met 'n afskorting wat die hoofslaapkamer van die sitkamer skei. Daar is 'n badkamer met 'n ouwêreldse stort en bad, en die kothuis beskik oor 'n sitkamer wat goed beplan is, 'n ten volle toegeruste kombuis, 'n balkon met wonderlike see-uitsigte, en 'n braai-area.

Die helder strandmeer, sandduine en uitgestrekte strand lok besoekers uit om langer te vertoef. Die meeste van die vakansiehuise hier is agter kus-plantegroei versteek en die ongerepte strande is nie so besig soos dié van Oos-Londen nie. Cintsa is dus 'n wonderlike wegbreekplek.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • 24-uur Ontvangs
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Spa-behandelinge
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.4 uit 5van 12 resensies vir Cape Cod Accommodation
Netheid
4.4/5
Diens
4.1/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.4/5
Waarde vir geld
4.4/5

Ligging

  • Amatola Coastal, Cintsa-Oos, 5275, Oos-Kaap
  • Gaste dink Cape Cod Accommodation het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 000
per nag (vir 2 persone)

Sien meer verblyf in

Cintsa Wildekus Oos-Kaap
Vanaf R1 000
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 000
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Amatola Coastal, Cintsa-Oos, 5275, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA143f71d977623c18074c34f030f7f62b62c82de50945b004d7e59547166c2a193ffbbe375abbca216061417d64c7f88b8dc2?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 000  per nag (vir 2 persone) 12 5 1 5 Amatola Coastal Cintsa East 5275 Oos-Kaap 086 999 0018 14:00-21:00 10:00 -32.821925555606 28.113954663277
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za