Cape Collection - 42 Kusweg 204
- Kapasiteit: 4 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kusweg 42, Strand, 7140, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 250 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Cape Collection - 42 Kusweg 204 is 'n pragtige woonstel in 'n woonstelblok met 'n see-uitsig. Dis net oorkant die strand geleë.
Die eenheid is geskik vir 'n gesin van 4 of 'n groep vriende en daar is 2 ruim slaapkamers. Die hoofslaapkamer het baie natuurlike lig, 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en maak van die tweede badkamer met 'n stort gebruik.
Die leefarea is oopplan met 'n kombuis en 'n eetarea. Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware toegerus. 'n Skottelgoedwasser en wasmasjien is beskikbaar.
Die kombuis lei na 'n sitarea met gemaklike rusbanke en 'n TV wat gekoppel is aan die Internet. Gaste kan self inteken op hulle Netflix of Showmax rekeninge. Gaste het toegang tot WiFi. Daar is 'n toonbank en 'n ronde etenstafel met sitplek vir 4 waar gaste hul maaltye kan geniet.
Skuifdeure lei na 'n lieflike balkon met 'n uitsig oor die see en 'n ingeboude braai. Die woonstel is naby plaaslike aktiwiteite soos verhitte swembaddens, 'n gholfbaan, waterpark, die promenade, 'n natuurreservaat en 'n put-put-baan.
Slaapplek
’n Bespreking by Cape Collection - 42 Kusweg 204 sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Persoonlike Kluis
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
- Parkering Op Die Straat
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.8/5
Inge Geverifieer
Eiendomme 7
Resensies 70
Jaar gelys 4
Ligging
- Kusweg 42, Strand, 7140, Wes-Kaap
- Gaste dink Cape Collection - 42 Kusweg 204 het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 4 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kusweg 42, Strand, 7140, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom