Cape Diem Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Carpe Diem Lodge is 'n boetiek-styl gaste-lodge in die kulturele spilpunt van Kaapstad en dit bied 'n verfrissende alternatief tot die gewone hotel-akkommodasie. Jy kan egte gasvryheid en stylvolle gerief verwag, en ons personeel is daar om te verseker jy het alles wat jy benodig.

Die Klassieke- en Superieure-kamers is elkeen perfek toegerus en die kamers se interieur is geïnspireer deur die nuwe generasie jong Suid-Afrikaanse ontwerpers. Die suites is lig met baie fyn detail, enorme beddens, innoverende badkamers, uiters moderne selfbeheerde lugversorging-stelsels, platskerm-LCD-TV's en DVD-spelers. Elke kamer het ook 'n yskassie wat, onder andere, Suid-Afrikaanse wyne en sjampanje bevat. Die onbeperkte WiFi is gratis vir alle gaste (sakereisigers of vakansiegangers).

Elke gastekamer het ook 'n Nespresso-masjien, selfskakel-telefoon, 'n digitale kluis, haardroër, japonne en pantoffels en luukse badgeriewe.

Ontspan langs die swembad of besoek die stad se vernaamste besienswaardighede wat net 'n paar minute ver is. Die V&A Waterfront, Two Oceans Akwarium en Groenpunt-stadion is op die lodge se drumpel en die prentjiemooi strande van Kampsbaai en Clifton is etlike minute weg.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Portier
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Nagportier
  •  Persoonlike Kluis
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels
  •  Frans
  •  Duits
  •  Zoeloe
  •  Xhosa

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Op Die Straat

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Cape Diem Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 900 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]