Cape Oasis Guesthouse

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Cape Oasis bied 'n wye keuse van ontspanning en vermaak om seker te maak jou vakansie in Kaapstad is onvergeetlik. Cape Oasis grens aan die Rietvlei Natuurreservaat wat ook Flaminkvlei genoem word weens die volop voëls wat daar woon en die uitstekende watersport-moontlikhede.

Cape Oasis Guesthouse bied verblyf in 6 kamers en eenhede. Al die kamers het direkte toegang tot die tuin met sy verhitte swembad en Jacuzzi. Die eenhede het slaapplek vir 2 gaste en geriewe in die kamer sluit 'n en suite-badkamer, kombuisie, elektroniese kluis, plafonwaaier en tee- en koffiemaakgeriewe in.

Daar is 'n gemeenskaplike kombuis en leefkamer, Jacuzzi, sonverhitte swembad, trampolien, pooltafel en WiFi. Linne en handdoeke word voorsien en sal op versoek vervang word. Parkeerplek is voor die gastehuis op die perseel beskikbaar.

Cape Oasis is noord van Tafelberg en ongeveer 20 minute se ry van die middestad af. Indien jy enige ekstra inligting of hulp nodig het rakende jou verblyf in Kaapstad, kan jy gerus een van ons personeellede vra. Ons is altyd bereid en gewillig om jou enige tyd by te staan. Die gastehuis bestaan uit 'n verskeidenheid geboue. Van ver af al kan jy die kenmerkende windmeulhuis raaksien.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Gratis WiFi

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Cape Oasis Guesthouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R490 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false