Strand Akkommodasie by Cape Sands C2 | LekkeSlaap
+7

Cape Sands C2

1 resensie
Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kusweg 202, Strand, Kaapstad, 7139, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 500 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Hierdie stylvolle, moderne woonstel is in 'n veilige kompleks in die Strand geleë. Dit is net 'n klipgooi van die branderryplek af en net 'n klein entjie se stap vanaf Waterworld. Hierdie drieslaapkamerwoonstel het asemrowende uitsigte oor Valsbaai met Tafelberg en Kaappunt in die agtergrond.

Die woonstel is oopplan en beskik oor 'n kombuis en 'n leefarea. Die kombuis is volledig toegerus en die leefarea het gerieflike rusbanke, 'n TV met DStv en daar is 'n eetarea. Daar is 'n balkon met dekstoele en gaste panoramiese uitsigte op die Hottentots-Hollandberge en die Helderberg bewonder. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer, die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n privaat balkon, en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n privaat balkon. Verder is daar nog 'n gedeelde badkamer met 'n stort, toilet, wasbak en 'n gaste-toilet.

Die woonstel het veilige onderdakparkeerplek. Al die nodige linne en badhanddoeke word voorsien. Bring net asb. jou eie swemhanddoeke. Gaste het ook toegang tot die verhitte swembad, sauna, stoomkamer, Jacuzzi, gimnasium en braaiplek op die perseel. 'n Skoonmaakdiens kan gereël word teen 'n addisionele koste.

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 1 resensie vir Cape Sands C2
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Kusweg 202, Strand, Kaapstad, 7139, Wes-Kaap
  • Gaste dink Cape Sands C2 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Strand Kaapstad Wes-Kaap
Vanaf R2 500
per nag (plek vir 6)
Vanaf R2 500
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kusweg 202, Strand, Kaapstad, 7139, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDkyZTk3OTFhLTcwNmUtNDA2MC05MjdlLTZkODA4OGMxZDdiYQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 500  per nag (plek vir 6) 1 5 1 5 202 Beach Road Strand 7139 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.102276674174 18.81610641468
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za