Cape Valley Manor

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Cape Valley Manor Guest House dateer uit 1853 en is in Paarl. Die huis is sorgsaam gerestoureer, stylvol gemeubileer en het 'n bekoorlike atmosfeer. Dié 4-ster-verblyf waarborg luuksheid, rustigheid, privaatheid en sekuriteit. Die gesellige en ruim interieur van Cape Valley Manor Guest House kombineer ou Victoriaanse styl met moderne elemente. Aandag is aan detail gegee om gaste tuis te laat voel. Elke kamer is pragtig ingerig met geriewe soos 'n waaier, verwarmer, haardroër, tee- en koffiemaakgeriewe, TV, kluis, gehaltelinne en -handdoeke, internasionale kragproppe, ekstra handdoeke vir die swembad en 'n waskamer.

Gaste kan heerlik in die skadu van die berge kom ontspan, of die siel verfris in ons rustige tuin met sy ou eikebome waar voëltjies en eekhorings baljaar. Uschis privaat biblioteek met meer as 800 boeke, sowel as ons soutwaterswembad, dra by tot Cape Valley Manor se flair. Ons sien uit daarna om gaste te verwelkom en twyfel vir geen oomblik dat jy jou verblyf hier sal geniet nie! Ons is oorspronklik van Duitsland, maar praat ook Engels.

Die prentjiemooi Paarl, saam met Franschhoek en Stellenbosch, vorm deel van die wêreldbekende wynroete wat so baie het om te bied: 'n plattelandse landskap, vyf bergpasse, vrugteboorde, wingerde en die kronkelende Bergrivier wat lewe gee aan hierdie vrugbare vallei. Boonop spog Paarl ook met 'n ryk kulturele erfenis, historiese geboue en topklas moderne argitektuur en geriewe.

Cape Valley Manor is die ideale basis vir talle doendinge. Ons is stapafstand vanaf die middedorp en uitstekende restaurante en bied gerieflike toegang tot wynplase, gholfbane en hoofpaaie.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels
  •  Duits
  •  Switsers

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Cape Valley Manor gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 100 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false