Capeview

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Capeview is in 'n residensiële landgoed, Greenways, in die Strand (Helderberg-area) in die Wes-Kaap.

Die landgoed het 'n 9 putjie mashi-gholfbaan met 'n klubhuis wat 'n restaurant insluit. Daar is ook 2 tennisbane, 'n swembad en wandelpaadjies in die landgoed en langs die kus.

In dié landgoed word sekuriteit hoog op prys gestel en daar is 24 uur-sekuriteit.

Ons selfsorg-eenheid het slaapplek vir 2 gaste en het sy eie ingang en 'n uitsig oor Valsbaai tot by Kaappunt en Tafelberg. Dié netjiese eenheid het 1 slaapkamer met 'n dubbelbed en 'n ruim badkamer met 'n stort, bad en 2 wasbakke. Daar is 'n aparte sitkamer en kombuisie met 'n stoofplaat, mikrogolfoond en yskas.

Die balkon spog met pragtige berg- en see-uitsigte. 'n Parkeerplek is voor die perseel beskikbaar. Hierdie is die perfekte basis om Kaapstad en besienswaardighede in die wyn-area te verken. LW: Ons het nie braaigeriewe nie.

Slaapplek

'n Bespreking by Capeview sluit in:

1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond

Geriewe

  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer
  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Capeview gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R850 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false