Captain's Cabin
Kry 15% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Kapasiteit: 4 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Neriestraat 8, Country Club, Langebaan, 7375, Wes-Kaap
- Geen kinders onder 3
-
Vanaf
R1 000R850 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Captain's Cabin is in 'n stil, gegoede woonbuurt in Langebaan Sentraal geleë en jy kry verseker waarde vir jou geld.
Die ruim woonstel is op die eerste vloer van 'n privaat woning, het 'n privaat ingang en is gerieflik gemeubileer vir 4 gaste.
Die ruim hoofslaapkamer het 'n dubbelbed, en die tweede slaapkamer 2 enkelbeddens. Die kamers deel die gebruik van 'n badkamer met 'n stort. Alle linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet asseblief hul eie strandhanddoeke saambring.
Die kombuis is toegerus met 'n tweeplaatstoof/oond, 'n mikrogolfoond, 'n yskas-vrieskas en al die nodige toebehore. Maaltye kan by die etenstafel geniet word en gaste kan in die sitkamer voor die TV met gedeelde DStv ontspan.
Daar is 'n binnebraai en 'n privaat balkon met 'n gedeeltelike uitsig oor die strandmeer wat dit ook 'n heerlike kuierplek in die winter maak. Onderdakparkeerplek is beskikbaar en die eenheid het 'n alarmstelsel. Die afstandbeheer is op versoek beskikbaar.
Captain's Cabin gee jou dadelik die see-gevoel met sy see-dekor. As jy een keer hier was, sal jy beslis weer wil kom.
Afslag sal oorweeg word vir 'n langer verblyftydperk.
Slaapplek
’n Bespreking by Captain's Cabin sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Neriestraat 8, Country Club, Langebaan, 7375, Wes-Kaap
- Gaste dink Captain's Cabin het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 4 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Neriestraat 8, Country Club, Langebaan, 7375, Wes-Kaap
- Geen kinders onder 3