Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Cardamom House

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Faurestraat 5, Gordonsbaai, 7151, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 750 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Cardamom House en die kothuis bied interessante, karaktervolle en unieke verblyf met 'n pragtige see-uitsig in Gordonsbaai. Die huis is net 500 m van Bikini Beach af en lekker beskut teen die Suidooster.

Dié huis beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers, 2 leefareas en 'n ten volle toegeruste kombuis. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Bad- en stortgeriewe is beskikbaar. Albei slaapkamers spog met pragtige see-uitsigte. Die kleurvolle kombuis het 'n yskas, oond, stoof en 'n mikrogolf, en lei na 'n oopplan-sitarea en -eetarea. Die huis het ook boeke, versamelstukke, CD's, kunswerke, artefakte, gratis WiFi en 'n slim-TV.

Die kothuis bied skouspelagtige see-uitsigte en beskik oor 1 slaapkamer met 'n dubbelbed en 'n badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die kombuis is met 'n yskas, mikrogolfoond en koffie- en teemaakgeriewe toegerus.

Die groot stoep het gemaklike rusbanke, 'n etenstafel, Weber-braai en 'n opvoubare afdak.

Cardamom House se ligging is ideaal vir diegene wat die omgewing wil verken, soos die Overbergkus tot by Hermanus en die wynlande in die Overbergstreek, Somerset-Wes en Stellenbosch.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 1 resensie vir Cardamom House
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.6/5

Juanita Geverifieer

Eiendomme 35

Resensies 83

Jaar gelys 8

Ligging

  • Faurestraat 5, Gordonsbaai, 7151, Wes-Kaap
  • Gaste dink Cardamom House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 750
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R1 750
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Faurestraat 5, Gordonsbaai, 7151, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA6ETQyNwnQliTgE9apaQEzUe52lkxpq2stdLZ7kIltO1gzw5qdV?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 750 per nag (plek vir 2) 1 5 1 5 5 Faure Street Gordon's Bay 7151 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.166150108324 18.859599427088
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem