LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Carley Beach House | LekkeSlaap
+48

Carley Beach House

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sparrow-rylaan 15, Astonbaai, 6332, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 000 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Carley Beach House is 'n bekoorlike vakansiehuis met pragtige see-uitsigte in Astonbaai, net 5 km van Jeffreysbaai af. Die huis is net oorkant die strand. Verder spog die huis met 'n buitebraai-area, 'n kroeg op die onderste verdieping, 'n swembad en 'n dubbelmotorhuis.

Die huis het 4 slaapkamers waarvan 2 en suite is. Die ander 2 slaapkamers deel 'n badkamer. Een van die 4 slaapkamers is 'n woonstel, met 'n sitarea, kombuisie en 'n badkamer. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en bad. Dié kamer lei na 'n balkon waar gaste die see-uitsig kan geniet. Die tweede en derde slaapkamer het elk 'n koningingrootte-bed en deel 'n badkamer met 'n bad en stort. Daar is ook 'n gastetoilet op die onderste verdieping.

Die woonstel het 'n koningingrootte-bed met sy eie badkamer met 'n bad en stort. Dit het ook sy eie kombuisie met 'n etenstafel en stoele. In die woonstel se sitarea is daar 'n TV met die volle DStv-pakket.

Daar is 2 sitkamers, 1 op die boonste verdieping en een op die onderste verdieping. Elke sitkamer het 'n TV met die volle DStv-pakket. Die kombuis is met 'n yskas, 2 oonde, 'n stoof, mikrogolf, ontbyttoonbank en 'n groot spens toegerus. Die kombuis lei na die eetarea met 'n etenstafel wat sitplek het vir 8 gaste.

Die huis het oorgenoeg plek om te ontspan. Daar is 4 stoepe waarvan 3 tafels en stoele het. Bordspeletjies en 'n pylbord is ook beskikbaar. Die vakansiehuis is ideaal vir 'n groep vriende of gesinne.

Slaapplek

’n Bespreking by Carley Beach House sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Kroeg
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Russies

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af
  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Sparrow-rylaan 15, Astonbaai, 6332, Oos-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 000
per nag (plek vir 8)
Vanaf R3 000
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sparrow-rylaan 15, Astonbaai, 6332, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAhZBTj4kjIz3u3uuEPwH53XHJ98Wcam12QpcSRPMLq2sgAwawtj?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R3 000  per nag (plek vir 8) 15 Sparrow Drive Aston Bay 6332 Oos-Kaap 086 999 0018 15:00-19:00 10:00 -34.08303 24.913101
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!