Carlimyn

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Carlimyn is aan die oewer van die Vaalrivier in die dorpie Bloemhof geleë.

Ons bied verblyf in 5 rondawels, 4 wat 'n gemeenskaplike kombuis deel. Een eenheid het sy eie kombuisie. Elke eenheid is ingerig met 'n dubbelbed, 2 enkelbeddens en 'n badkamer met 'n stort, 'n wasbak en 'n toilet.

Elke rondawel het lugversorging, 'n yskas en tee- en koffiemaakgeriewe en DStv. Die rondawels deel 'n gemeenskaplike kombuis wat volledig toegerus is.

Gaste het toegang tot 'n toegeboude gemeenskaplike braai-area. Daar is ook braaigeriewe wat op die oewer van die rivier onder sambrele geleë is. Verder is daar ook 'n klein swembadjie om in af te koel na 'n warm dag.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Wildritte
  •  Wildkyk

Geriewe

  •  Braaiplek

Hier praat ons

  •  Afrikaans

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Carlimyn gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R750 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za