Carole's Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 15 % af

Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 11 Jan 2020 tot 31 Mei 2020.

Beskrywing

Carole's Cottage is 'n selfsorg-eenheid in 'n veilige kompleks in Sandbaai, sowat 5 km van Hermanus af.

Dié kothuis bestaan uit 2 slaapkamers, 1 badkamer, 'n ten volle toegeruste kombuis, oopplan-sitkamer en -eetarea en 'n privaat tuintjie. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word en daar is 'n koningingrootte-bed in die tweede slaapkamer. Die gedeelde badkamer het 'n bad en aparte stort. Die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, broodrooster, ketel, skottelgoedwasser, en kookgerei. Daar is 'n stoepsambreel in die klein eetarea in die tuin.

'n Wasmasjien, haardroër, strykyster en -plank, platskerm-TV met sekere DStv-kanale, gratis WiFi, braaigeriewe en parkeerplek vir 2 motors word voorsien. Strandhanddoeke, sambrele en strandstoele is ook beskikbaar vir diegene wat 'n draai by die strand wil maak.

Doendinge in die omgewing: swem, kajak, walviskyk, gholf, haaihokduik en snorkel. Besienswaardighede: Sandbaaistrand, Fernkloof Natuurreservaat, Maanschynkop Natuurreservaat, die Hemel en Aarde-vallei en Grotto-strand (dis 'n pragtige Blouvlagstrand).

Slaapplek

'n Bespreking by Carole's Cottage sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Dienste

  •  Koordlose Internet

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Portier
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Carole's Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 000 R850 per nag (plek vir 4)

Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 11 Jan 2020 tot 31 Mei 2020.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za