Tuine Akkommodasie by Casa 66 | LekkeSlaap
+18

Casa 66

Gastehuis
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 16:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Maynardstraat 66, Gardens, Kaapstad, 8001, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 18
  • Vanaf R600 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Casa 66 bied gemaklike verblyf in 'n gastehuis in Gardens aan die voet van Tafelberg en Leeukop. Hierdie 120 jaaroue huis is ideaal geleë naby die busroetes in die omtrek.

Die gastehuis bied verblyf in 2 gastekamers. Die eerste kamer het lugversorging en dennehoutvloere. Dié kamer het 'n lessenaar met 'n kragpunt vir 'n skootrekenaar. Daar is ook 'n kombuisie langs die kamer wat toegerus is met 'n mikrogolfoond en 'n yskas, en 'n instapstort en toilet vir gaste se gebruik. Die kamer het ook sy eie ingang. Daar is 'n Egiptiese katoen-duvet op die dubbelbed en 'n TV met sekere DStv-kanale en WiFi.

Die tweede kamer is 'n dakkamer met 'n dubbelbed, plafonwaaier, waaier en 'n wasbak. Die kaste is in die kamer aan die bokant van die trap. Gaste in dié kamer maak gebruik van 'n badkamer wat met die gasvrou gedeel word.

Die gastehuis bied ook 'n gemeenskaplike sitarea, eetarea en 'n patio en daar is 'n groot verskeidenheid van die gasvrou se kuns wat vertoon word. Die gasvrou se hond woon ook op die perseel en gaste kan gerus vir raad vra oor doendinge in die omtrek om hul verblyf so aangenaam as moontlik te maak. Kaapstad se treinstasie is net 10 minute ver en dus maklik om te bereik.

Kenmerke

Afrikaans
Troeteldiere indien gereël

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Nederlands
  • Vlaams

Maaltye Aangebied

  • Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Maynardstraat 66, Gardens, Kaapstad, 8001, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R600
per nag (plek vir 2)
Vanaf R600
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 16:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Maynardstraat 66, Gardens, Kaapstad, 8001, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 18
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDIzYmVmZTdkLWRjM2ItNGQzMy04ZjgxLTlmNTk0ZWM1MDEwMw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R600  per nag (plek vir 2) 66 Maynard Street Gardens 8001 Wes-Kaap 086 999 0018 16:00-19:00 10:00 -33.933298873018 18.419938775463
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za