Aha Casa do Sol Hotel and Resort

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Casa Do Sol Hotel and Resort is op 'n luukse landgoed geleë in die hartjie van Mpumalanga. Ons is langsaan 'n toevlugsoord vir olifante geleë en gaste kan uitsien na heerlike swembaddens, koelteplekkies en lieflike blomtuine. Die stilte, elegansie en vreedsaamheid by ons is eintlik ironies, aangesien die wilde en ongetemde wêreld van die Krugerwildtuin slegs 15 minute se ry weg is. Die hotel, met sy dorpie-argitektuur en subtropiese tuine, is 'n paradys van kalmte en skouspelagtige sonsondergange.

Casa Do Sol se kamers is pragtig ingerig en die hotel bied verskillende kamertipes, elkeen met sy sy eie karakter en styl. Al die moderne geriewe word voorsien. Die kamers maak elkeen voorsiening vir 2 gaste en het en suite-badkamers. Tee- en koffiemaakgeriewe en yskassies is beskikbaar in die villa-kamers en suites. Casa Do Sol lok gaste wat op soek is na 'n romantiese wegbreek in die bos en ook sakelui wat in 'n rustige omgewing wil tuisgaan, maar steeds kan fokus op hul besigheid. Die hotel spog met hartlike gasvryheid.

Casa Do Sol is beroemd vir hul fynproewersdisse en uitsonderlike wyne. Die hotel se restaurant, die Cozinha Velha, is daagliks oop vir ontbyt, middagete en aandete. Die Chiquita-kroeg, langs die restaurant, is 'n gewilde plek om te kuier en stories van die dag se gebeure uit te ruil. Geniet ook gerus 'n drankie voor aandete in die ontspanne buitelug-atmosfeer.

Die spa op die perseel bied 'n wye verskeidenheid behandelings om jou liggaam, siel en gees te verkwik. Of jy nou 'n konferensie of troue beplan, met vakansie is of vir besigheid reis, ons waarborg dat jy hartlik verwelkom sal word en 'n lieflike tyd in die prag van Mpumalanga sal deurbring. Wanneer jy vertrek sal jy verkwik en vernuwe voel, met goeie herinneringe van jou ervaring by Cada Do Sol.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Wasgoeddiens
  •  Restaurant op Perseel
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Wegbreekkamers
  •  Dataprojektor
  •  Blaaibord
  •  Kantoorgeriewe
  •  Televisie
  •  Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  24-uur Kamerbediening
  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Middagete

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Aha Casa Do Sol Hotel And Resort gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 940 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false